Posts Tagged ‘Liewe leser’
BRIEF 117: KLEIN DINGE
Brief 117 Daar is klein dingetjies in die lewe wat so stil verbyglip dat jy hulle maklik miskyk – nie omdat hulle onbelangrik is nie, maar omdat hulle so suutjies in die lewe opdaag. Ek skryf nie oor die bekende klein dingetjies soos ‘n glimlag, ‘n koppie tee of ‘n onverwagse drukkie nie, maar eerder…
Lees meerBRIEF 116: LIG EN LETTER
Brief 116 In hierdie besonderse jaar waarin ons die 150ste bestaansjaar van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) herdenk, skryf ek met ‘n hart vol dankbaarheid. Afrikaans is meer as net klanke en sinne. Dit is ‘n sielstaal en gebedstaal. ‘n Moedertaal wat gegroei het in gebed, gely het onder verwerping, en getuig het van…
Lees meerBRIEF 115: HARTE EN HANDE VAN HOOP
Brief 115 In my vroeë twintigs het ek die voorreg gehad om vir ‘n paar jaar in die Paarl te bly. Dit was in die onsekere tyd van die Covid-inperkings. Ek het ‘n woonstel heel bo in die hoek van die oudste hotel gehuur en het ‘n pragtige uitsig oor die berge gehad. Af in…
Lees meerBRIEF 114: BRANDNETELS
Brief 114 In my kinderdae was die plaas vol brandnetels. Boere het soms brandnetels as heinings geplant om diere in ‘n sekere area te hou. As kinders het ons dikwels aan brandnetels geraak, want op die oog af lyk dit mooi. Sodra ons daaraan geraak het, het dit ons onmiddellik skerp gebrand en stekerig laat…
Lees meerBRIEF 113: MOOI LOOP
Brief 113 ‘n Rukkie terug lees ek dat ‘n spoor die afdruk van jou siel op iemand anders se pad is. Dit was vir my ‘n mooi beskrywing en het my weer laat dink aan die spore wat ek los wanneer ek van iemand moet afskeid neem. In ‘n wêreld wat ingestel is op onmiddellike…
Lees meerBRIEF 112: GEE OMDAT JY KAN
Brief 112 “Om jou tyd, energie of vaardighede aan ander te gee sonder om iets in ruil daarvoor te verwag, is een van die kosbaarste bydraes wat ‘n mens in jou gemeenskap kan maak.” Ek het hierdie lewensles by my ma geleer. Sy is ‘n arbeidsterapeut en alombekend vir haar betrokkenheid in die gemeenskap. In…
Lees meerBRIEF 110: ONTHOU JY NOG?
Brief 110 In my laerskooldae het ons nie selfone gehad nie. Tydens pouses het ons op ons verbeelding staatgemaak en aan vele speletjies soos rekspring, wegkruipertjie en albasters deelgeneem. In die klas was ons besonder kreatief. Ons het selfs by mekaar geleer hoe om papiervliegtuie en waarsêers te vou. Wanneer die klas stil is en…
Lees meerBRIEF 109: TOEKOMSBERAAD
Brief 109 Ons leef in ‘n wêreld waar onsekerheid, onreg en bekommernis soos ‘n swaar kombers oor ons daaglikse lewe lê. Ons hoor dit in die stemme van jongmense wat ophou vrae vra en sien dit in die oë van moeders, in die moegheid van die gemeenskap wat al so baie moes verdra. Ja, ons…
Lees meerBRIEF 108: WAT GELD NIE KAN KOOP NIE
Brief 108 ‘n Paar weke terug ontvang ons ‘n e-pos van ‘n bejaarde wat my brief gelees het en laat weet het dat hy op die ouderdom van 83 jaar steeds nie iets in die lewe bereik het nie. My moed het in my skoene gesak, want ons almal is arm aan iets. Dikwels besef…
Lees meerBRIEF 107: DIS NOU VIR JOU ‘N STORIE
Brief 107 Een van my gunstelingherinneringe aan my kinderdae is die slaaptydstories wat my pa vir my en my broer en suster net voor Boekevat en slapenstyd gelees het. Kinders het oor die algemeen baie energie, en meer as een kind kan dinge nogal uitdagend maak as al die kinders nie ewe moeg is nie.…
Lees meer