Takke
Ons Plek
Ons Plek, Solidariteit Helpende Hand het tans twee gemeenskapsentrums waar meer as 100 kinders bedien word. Die Ons Plek-gemeenskapsentrums is geleë in Derdepoort in Pretoria en in die Strand en bied meer as net ʼn speelgroepie en naskoolsorg.
Vir die 100 kinders wat by die twee sentrums betrokke is, is dit ʼn plek waar hulle tuis voel. Hulle gaan inderdaad na “ons plek” as hulle instap by die gemeenskapsentrum.
Die kinders ontvang kos en klere, maar die eintlike fokus bly op opleiding. Daar word streng volgens ʼn kurrikulum gewerk en waar nodig, ontvang die kinders lees- en arbeidsterapie. Daar word ook klem geplaas op sportontwikkeling deur Playball, en maandelikse kookklasse word aangebied. Elke kind ontvang ook ʼn rapport en ʼn verslag deur die onderwysers.
Ons Plek in die Strand is in Oktober 2014 vir kinders van die Kays Karavaanpark op die been gebring. Hulle leef in bitter moeilike omstandighede en Helpende Hand het besluit om by hulle betrokke te raak sodat hulle hoop vir die toekoms mag koester.
In 2015 is daar besluit om ’n soortgelyke projek in Pretoria te begin. Na vele lokale oorweeg is, is daar besluit om die sentrum in Derdepoort te open.
In 2015 is daar besluit om ’n soortgelyke projek in Pretoria te begin. Na vele lokale oorweeg is, is daar besluit om die sentrum in Derdepoort te open.
Streeksorganiseerders
Helpende Hand-streeksorganiseerders:
Helpende Hand se 10 streeksorganiseerders staan aan die hoof van ons 170+ takke landwyd. Hulle droom is om ’n Helpende Hand tak in elke dorp in die land te stig. Hulle maak ook seker dat ons vrywilligers genoeg ondersteuning kry om doelgerig Helpende Hand se verteenwoordigers in hulle gemeenskappe te wees.








Strand Gemeenskapsentrum
Joey Lotter
Bestuurder: Strand Gemeenskapsentrum
(h) 021 854 3645
(s) 079 733 9477
[email protected]
Facebook
Derdepoort Gemeenskapsentrum
Elize Bezuidenhout
Bestuurder: Derdepoort Gemeenskapsentrum
(s) 082 772 1821
[email protected]
Gee jou verwysings
Moedig jou vriende en familie aan om ook aan te sluit as Helpende Hand-ondersteuners en maak so ons hande sterk. Ons hooftaak is om Afrikaner-armoede te verbreek, voorkom en verlig deur ’n verskeidenheid van projekte.