Gemeenskapsjaar
’n Brug tussen waar jy is, na waarheer jy oppad is.
’n Brug tussen waar jy is, na waarheer jy oppad is.
Die Gemeenskapsjaar-inisiatief van Solidariteit Helpende Hand skep ’n doelgerigte brugprogram vir mense wat hulself in ’n oorgangsfase bevind, professioneel, akademies of persoonlik. Hierdie program bied betekenisvolle deelname in ’n gestruktureerde omgewing waar vaardighede nie net benut word nie, maar ook verder ontwikkel word met die oog op volhoubare werksvooruitsigte.
Die Gemeenskapsjaar is beskikbaar vir:
Deelnemers is tipies tussen 25 en 55 jaar oud, maar die fokus val nie op ouderdom nie, dit val op potensiaal, ervaring en bereidwilligheid om by te dra tot ons werk en diens in ons gemeenskappe.

Wat is ’n eksternskap?
’n Eksternskap is ’n gestruktureerde, tydelike program wat spesifiek ontwikkel is vir ervare professionele persone wat tans tussen werke is. Dit bied die geleentheid om bestaande vaardighede doelbewus binne ’n organisasie toe te pas, te verfyn of aan te pas by veranderende werksvereistes.
’n Eksternskap is ’n aktiewe fase van professionele betrokkenheid totdat die persoon weer ’n permanente pos in die arbeidsmark vind.
Eksternskappe help kundiges om:
aktief en betekenisvol betrokke te bly totdat ’n nuwe werksgeleentheid realiseer
bestaande vaardighede op datum te hou
praktiese, werklike projekte te voltooi
nuwe tegnieke en benaderings aan te leer
professionele werksnetwerke uit te brei
hul CV te versterk en latentheid te verhoed terwyl hulle werk soek
Omdat dit op ervare persone fokus, is ’n eksternskap meer gevorderd as ’n internskap en vereis dit groter selfstandigheid, verantwoordelikheid en professionele oordeel.
Ons visie
’n Werksplek waar ervaring erken en benut word om waardig en doelgerig ’n nuwe begin in die arbeidsmark te maak.
Ons missie
Ons verbind ons daartoe om interns en eksterns van 16 jaar en ouer met afdelings en organisasies te verbind, sodat hulle waardevolle werkservaring kan opdoen, professionele netwerke kan uitbrei, en hul loopbaan vooruitsigte kan verbeter, terwyl ons organisasies help om potensiële werknemers te identifiseer.

Die verskil tussen ’n ekstern en ’n intern
Ekstern
Beskik reeds oor werkservaring en gevestigde vaardighede
Fokus op toepassing, verdieping en aanpassing van bestaande kennis
Werk meer selfstandig en neem groter verantwoordelikheid
Is tipies tussen werke of in ’n loopbaan-oorgang
Doel: om professioneel relevant te bly en indiensneembaarheid te versterk.
Intern
Is gewoonlik ’n skolier of student
Fokus op leer, blootstelling en vaardigheidsontwikkeling
Vereis meer begeleiding en mentorskap
Voltooi dikwels gemeenskapsdiens of praktiese vereistes
Doel: om eerste of vroeë werkservaring op te doen.
Wanneer is daar geleenthede?
Eksterns: daar is ongeveer drie innames ’n jaar vir 2 eksterns:
- 16 Janaurie tot 15 April
- 16 Mei tot 15 Augustus
- 16 September tot 15 Desember
Interns: daar is gedurende die Junie/Julie vakansie en November/Desember vakansie geleentheid om skaduwerk te doen en werksondervinding te ontvang.
Daar is ook met sekere velde geleentheid tot ’n gemeenskapsjaar vir gemeenskapsure wat sekere professionele rigtings vereis wat ons sal probeer om te akkomodeer, maar daar is ’n goedkeuring aan verbonde.
Stuur ’n e-pos aan diens@helpendehand.co.za vir enige navrae.