Bejaardes lê Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe is die Ouma-en-Oupa-projek gefokus om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om die Afrikaner-volk te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hulle lewens.

Mense vergeet so maklik dat bejaardes eens op ʼn tyd ook jonk en vol lewe was. Hulle het ook gewerk en ʼn betekenisvolle bydrae tot die samelewing gelewer, maar talle van hierdie bejaardes word vergete agtergelaat en is uitgelewer om na hulself om te sien.

Tuisgenoot-projek

Die fokus van die Tuisgenootprojek is om verligting vir Afrikaner-bejaardes te bring ten opsigte van voeding, eensaamheid en algemene ondersteuning.

In 2014 het Helpende Hand reeds die projek in vier plattelandse dorpe van stapel gestuur, end it is reeds na agt dorpe uitgebrei in 2015. In elkeen van dié dorpe is daar, in samewerking met die plaaslike gemeenskap, tien behoeftige bejaardes geïdentifiseer wat deur die projek ondersteun word.

Daar is ook ’n persoon geïdentifiseer wat as vriend of kameraad (oftewel tuisgenoot) vir die bejaardes kan optree. Helpende Hand gee aan hierdie persoon ʼn maandelikse honorarium om vir tien behoeftige bejaardes op die dorp wat NIE in ʼn tehuis bly nie, om te sien.

Hierdie tuisgenoot is verantwoordelik daarvoor om byvoorbeeld die kos wat Helpende Hand skenk by hulle af te lewer, hulle te besoek, moontlik na die kliniek of dokter te vervoer en net ʼn algemene kameraad of vriend te wees. Die persoon is nie ʼn tuisversorger nie.

Vir meer inligting oor hierdie projek kan jy vir Lizelle Joubert [email protected]

Hoe kan jy help?

  • Raak betrokke by jou naaste Helpende Hand-tak en neem aktief deel aan die Ouma-en-Oupa-projek en ander kleiner inisiatiewe.
  • Neem deel, stem of nomineer iemand vir ons Silwerkroon-toekenning.
  • SMS “Omgee” na 38969 en skenk so R10 tot ons Ouma-en-Oupa-projek.
  • Maak ʼn skenking aan Helpende Hand se bejaardefonds.
  • Sien om na die bejaardes in jou lewe!

Besonderhede van Donasie:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400