HTuisversorgingLogo

Opleiding in Tuisversorging

HTuisversorgingLogo

Opleiding in Tuisversorging

Tuis

AANSOEKE OPEN: AUGUSTUS 2021

Volgende kursusdatum: Februarie 2022

Solidariteit Helpende Hand het oor die afgelope paar jaar ‘n dringende behoefte aan tuisversorgers geïdentifiseer en het in 2021 hande gevat met Gratia Via Akademie om ‘n uitstekende kwalifikasie in tuisversorging aan te bied.

Die behoefte het ontstaan as gevolg van soveel ouer persone wat graag by hul huise versorg wil word.

TuisversorgingFacebook2

Wat behels die kursus?

WAT BEHELS DIE KURSUS?

Die kursus word oor ʼn tydperk van ses maande aangebied waarin teorie en praktiese sessies afgewissel word. Die praktiese komponent word by ʼn geïdentifiseerde instansie aangebied. Die praktiese ervaring sal aan die student die nodige selfvertroue bied om, sodra die kursus voltooi is, hierdie dienswerk met die nodige kennis en ervaring uit te voer.

Hierdie kursus is baie meer omvattend as die minimum uitkomste soos deur SETA voorgeskryf. Daar word oor die tydperk van opleiding ekstra-kurrikulêre kursusse aangebied wat studente nodig het om gehaltesorg en persoonlike ontwikkeling te verseker.

Hierdie vaardigheidskursus van ses maande is by Dienste SETA (Services SETA) geakkrediteer en bestaan uit vier eenheidstandaarde op vlak 2, met gesamentlik 37 krediete.

 

Die kursus bestaan uit die volgende eenheidstandaarde:

  • Die ondersteuning aan die kliënt en sy familie om tuisversorging te bestuur.
  • Die toepassing van beginsels vir palliatiewe sorg, wanneer u die kliënt en familie help om lewensbedreigende siektes te hanteer.
  • Kennis in die voorsiening en implementering van primêre gesondheidsorg.
  • Om basiese lewensondersteuning- en noodhulpprosedures uit te voer.

Die opleiding van studente vind tans in Pretoria-Noord, asook in Bloemfontein plaas. In Bloemfontein is daar die geleentheid om vir die tydperk van ses maande by die tehuis in te woon waar die praktiese deel van die kursus aangebied word.

 

Tipiese profiel van ʼn kandidaat wat Tuisversorging as rigting oorweeg:

Die student wat vir hierdie kursus aansoek doen, moet ʼn besondere liefde en deernis vir hul medemens toon. Hierdie beroep is veeleisend en verg ʼn hardwerkende en toegewyde gesindheid. Die student moet self ook fisiek en geestelik gesond wees en die waardigheid van mense hoog op prys stel.

Borg ’n Tuisversorging student

Rentevrye Studielenings

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum stel volgens ʼn sekere kriteria ʼn beperkte aantal rentevrye studielenings aan studente beskikbaar. Kandidate sal wel ʼn streng keuringsproses ondergaan om hiervoor te kwalifiseer.

of skenk

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.