UITGEVRYFDE KORINGKORRELS
Uitgegee deur Lig In Duisternis Uitgewers in samewerking met Solidariteit Helpende Hand
Immergewilde oordenkings uit die pen van Vader Kestell waarin God se eer en die welsyn van sy naaste voorop staan.
MEER OOR UITGEVRYFDE KORINGKORRELS
J.D. Kestell se hart het volkome aan sy Here behoort, maar was ook gevul met barmhartigheid vir sy medebroeders en -susters in die geloof. Omdat hy sy eie nietigheid voor God terdeë besef het, het hy homself met volle oorgawe en lofbetuiging aan Hom toegewy.
Reeds in die eerste van die 366 dagstukkies maak Vader Kestell sy hart vir die leser oop. Van 2 Januarie af loop die goue draad deur die hele bundel: Tot verheerliking van God en welsyn van die naaste. Hy herinner ons: "Ons het die plig om in die lot en behoeftes van ons medegelowiges te deel."
Neem hierdie dagstukkiebundel in die hand en voed u gees met diepsinnige oordenkinge uit die pen van 'n ware Godsman, volksman en iemand wat die nood van sy medemens selfs van ver af kon raaksien.
Uitgevryfde koringkorrels
Uitgevryfde koringkorrels besellingsvorm