Wie is die VAW?Interessante artikelsOns dagboek

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (V.A.W), is ʼn projek van Solidariteit Helpende Hand. Die V.A.W bied ondersteuning aan Afrikaanse wiskunde-onderwysers in die vorm van:

  • 3-dag Wiskundekongresse 2 keer per jaar
    1-dag Wiskundekongresse 4 keer per jaar
    Middagseminare 6 keer per jaar.

By hierdie kongresse word daar klem gelê op die professionele ontwikkeling van Afrikaanse wiskunde-onderwysers. Die opleiding behels onder andere opleiding in tegnologie, asook vakinhoud om sodoende onderwysers te bemagtig in die nuuste onderrig-metodes. Verder bied die V.A.W ook kampe vir skoolkinders aan. Party kampe poog om aan leerlinge ʼn hupstoot te gee in hulle wiskunde-loopbaan; ander kampe poog om die jong Afrikaanse Einsteins van Suid-Afrika te ontgin. By die middagseminare word kundiges genader en word gedagtes uitgeruil oor die gehalte-onderrig van wiskunde in Afrikaans.

Wiskundeprobleem vir Februarie 2015

As ’n heelgetal is, vind die waarde van die maksimum minus die minimum van die volgende uitdrukking:

Die vorm van syfers

Al ooit gewonder waar kom die syfers vandaan wat ons daagliks gebruik? Die nommers wat ons gebruik (1 ; 2; 3, ens.) is afkomstig van die Arabiese-algoritmes en was oorspronklik deur die Arabiërs gebruik om hulle te onderskei van die Roomse-algoritmes (I ; II, ens.). Die Arabiere het egter net hierdie algoritmes bekend gemaak, maar… Lees Meer »

Die wereld se grootste getal – Graham se getal

Die wêreld se grootste getal, wat terloops ook in die Guinness Book of Records opgeteken is, is deur die Amerikaner Ronald Graham afgelei. Hierdie beroemde getal is ’n bo-grens van die oplossing van ’n wiskundige probleem in Ramsey Teorie. Graham se getal is só groot, dat gewone notasie van magte en magte van magte nie… Lees Meer »

Heron se formule

Heron het ongeveer 100 voor Christus in die stad Alexandria geleef. Hy was ’n wetenskaplike en het bekend gestaan as mechanikos, oftewel die masjienman, en het vele water- en stoomaangedrewe masjiene ontwerp. Sy formule kom in die boek Metrica voor wat 60 na Christus geskryf is. ’n Heroniese driehoek is ’n driehoek met heelgetal sye,… Lees Meer »