Jou weggooigoed bring hoop vir talle mense in die gemeenskap

 

Ons Winkel, Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel, bring vir die afgelope tien jaar hoop in hopelose gemeenskappe. Vanaf 6 tot 13 Mei het die skenkingswinkel in Centurion ʼn allemintige 4 233 kilogram klere as deel van hulle verjaarsdagvieringe ingesamel. Meeste hiervan sal weer in die onmiddellike omgewing uitgedeel word om behoeftige mense by te staan.

 

“Ons gee 80% van alle skenkings wat ons kry weg aan weeshuise, plakkerskampe, ouetehuise en ander welsynsorganisasies,” sê Angeline Wepener van die Centurion skenkingswinkel. “Die items wat oorbly nadat ons al ons vennote ondersteun het, word verkoop om studiefondse te stig. Ons help tans vyf studente om te studeer.”

 

Volgens Wepener is daar tans meer as 100 organisasies wat vir hulp kom aanklop. Die grootste hulp, veral wanneer dit koud begin word, is warm klere en komberse. “En kos,” sê Wepener. “Daar is so baie mense wat honger ly. Ons kan nie aan almal se behoeftes voldoen nie.”

 

Een organisasie wat hulp ontvang is Musterion Bediening in Pretoria-Wes. Riska Olivier staan aan die hoof van die organisasie sedert hulle ontstaan in 2009. Hulle versorg tans 70 gesinne op ʼn daaglikse basis. Die behoeftige gesinne ontvang kos en klere. Volgens Wepener is daar tot soveel as 15 000 mense wat by die skenkings, wat die organisasie ontvang, baat vind.

 

Ons Winkel verskaf ook werk aan twaalf voltydse personeel, insluitend ʼn elektrisiën wat alle elektriese apparate toets en daarna weer verkoop, maar buiten die personeel het die winkel ook vele entrepreneurs al op die been gebring. John Mahlaba koop al sedert 2011 items by Ons Winkel en verkoop dit dan weer. “Ek is baie dankbaar vir die skenkingswinkel,” sê Mahlaba. “As dit nie vir Ons Winkel was nie, weet ek nie wat ek sou gedoen het nie.”

 

Besoek gerus vandag nog een van Helpende Hand se 30 Ons Winkels regoor die land. Die een in Centurion is in Bothalaan 86, Lyttelton, of skakel vir Angeline Wepener op 012 644 0162.

Besonderhede van Donasie:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400