#TekkiesenToks se virtuele pretdraf!

Neem deel aan #TekkiesenToks se virtuele pretdraf!

Jy kan dalk nie saam Morné Steyn gaan draf nie maar jy kan steeds die
geleentheid gebruik om  ’n verskil te maak in ons jeug se toekoms.

Jy kan die 5km op jou eie pas hardloop, draf, loop, stap of selfs dans.
Op 8 Mei 2021 kies jy jou eie roete en deel jou ervaring
op sosiale media met die hutsmerk #TekkiesenToks.

Inskrywing beloop R25 pp.
Die skool waarvan die meeste leerders deelneem wen 'n besoek deur Morné Steyn.

Pappas, mammas, oupas en oumas is ook welkom om deel te neem.

Wanneer jy inskryf gee die blad vir jou 'n unieke verwysingsnommer.
Gebruik asb hierdie unieke verwysing wanneer jy jou inskrywing betaal.
Indien jy nie die unieke nommer as jou verwysing gebruik nie sal jou skool nie ingeslote wees in die kompetisie nie.

TT Pretdraf kompetisie

  • Al is jy self nie meer op skool nie, kan jy saam jou kind, kleinkind, familielid of vriend se skool deelneem.