FrouevondsBanner copy 2
FrouevondsBanner copy 3

Navorsing

Solidariteit Helpende Hand het die inisiatief geneem om ʼn projek van stapel te stuur om vroue in Suid-Afrika te bemagtig om voluit vrou te wees. Dit wil ons doen deur na elke vrou se welstand, opleiding en werk om te sien, sodat sy as pilaar van hoop in haar gemeenskap kan optree. Die FroueVonds wil vroue motiveer om ook mekaar se belange op die hart te dra.

Die volgende riglyne en hoofpunte dien as raamwerk vir die verslag:

  • Die projek behels ʼn holistiese beskouing van vroue, insluitende hulle werk en welstand.
    • Sekere praktyke in werkplekke ondersteun vroue se rol en behoeftes, terwyl ander hulle frustreer of probleme veroorsaak.
    • Vroue vervul nie net ʼn rol in hulle werkplek nie, maar ook in hulle gesinne en gemeenskappe.
  • Geloof is vir baie vroue van groot belang. Om na hul geloofsbelewenis om te sien, is deel van die holistiese benadering.
  • Vroue se vaardighede moet benut en uitgebrei word.
    • Ons moet vasstel watter vaardighede vroue nodig het om suksesvol te wees in hul gemeenskappe, werkplekke en gesinne.
  • Ons moet vasstel waaroor vroue twyfel en onseker voel en watter sielkundige behoeftes agter daardie twyfel en onsekerhede skuil.
  • Ons moet vasstel hoe vroue hulself kan help en hoe organisasies hulle kan bystaan.
  • Daar moet ʼn balans wees tussen die verskillende rolle van vroue. 
  • Ons moet vasstel wat organisasies reeds doen en wat hulle nog kan doen om dit vir vroue makliker te maak om hul roepings uit te leef en hul potensiaal te verwesenlik.

Hierdie navorsingsverslag bied ʼn sintese van drie vorige studies, waarvan die resultate ʼn bydrae kan lewer tot die totstandkoming van die FroueVonds. Die volgende studies is gebruik:

navorsing3
navorsing2
navorsing1
navorsing3
navorsing2
navorsing1

Hierdie drie studies is gedoen onder vroue wat lede is van die Solidariteit Beweging.