Doel van die Vroue in die Beweging:

Om vroue in Suid-Afrika te bemagtig om voluit vrou te wees deur om te sien na die werk, welstand en opleiding van die vrou, sodat sy as pilaar van hoop in haar gemeenskap kan optree. ʼn Gemeenskap kan slegs bevorder word as die gemeenskap self intree om die verskil te maak. Dus wil hierdie inisiatief vroue motiveer om ook mekaar se belange op die hart te dra.

Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is dikwels goed wat in die pad daarvan staan om voluit vrou, meisie, suster, ma en vriendin te wees. Hierdie dinge wat in die pad daarvan staan, kan fisies, emosioneel en geestelik van aard wees.

Die Vroue soos Rut-inisiatief wil dié gapings tot 'n beter lewe oorbrug en die kettings van armoede wat dreig om te vernietig, verbreek. Dit sal vroue wat deur hierdie goed gekeer word, bemagtig om as gesonde vroue in die samelewing te kan funksioneer.

Hierdie inisiatief wil dit doen deur al die instellings van die Solidariteit Beweging te mobiliseer om die insette en projekte van die onderskeie instellings te fasiliteer. Hulle gaan ook kragte saamsnoer met ander vennote om sodoende vroue te bemagtig om nie net ʼn verskil te maak in hul gemeenskappe nie, maar om ook uiteindelik as sterker vroue vorentoe te kan tree.

Fokuspunte:

  • Die geloof van die vrou
  • Die werk en werkplek van die vrou
  • Die geskiedenis van die vrou
  • Die kultuur van die vrou
  • Die gemeenskap waar die vrou leef
  • Die holistiese welstand van die vrou
  • Die opleiding van die vrou
  • Mentorskappe vir die vrou
  • Netwerke en vennootskappe om die vrou te bemagtig

FroueVonds lied deur Elmé Churr, Cheralee en Carma "Blom in sy wese"

youtube-video-thumbnail

Vroue in gesprek paneel gesprek

Vroue in beweging bekendstelling

Donasie aan FoueVonds

"*" indicates required fields

Naam en Van*
Maak die donasie maandeliks*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Kontak ons