WIL OM TE HELP
Die Wil om te Help
"Die Wil om te Help" is 'n jaarlikse Maart-veldtog van Solidariteit Helpende Hand wat fokus op maatskaplike werk, diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die veldtog het ontstaan rondom die viering van Internasionale Maatskaplikewerkersdag wat jaarliks op die derde Dinsdag van Maart herdenk word. Internasionale Maatskaplikewerkersdag is 'n manier om die maatskaplike professie te belig en ruimte te skep vir opleiding en gesprek.
Met verloop van tyd het Die Wil om te Help-veldtog gegroei tot 'n maand lange bewusmakingsbeweging wat nie net maatskaplike werkers vier nie, maar ook gemeenskappe uitnooi om betrokke te raak. Ons glo as mense bereid is om op te daag, te dien en saam verantwoordelikheid te neem, verander gemeenskappe.
2026-tema: Diensbaarheid begin by die wil om te help
In 2026 fokus Helpende Hand op diensbaarheid deur die wil om te help. Ons vier, versterk en aktiveer die innerlike ingesteldheid om betrokke te raak by die maatskaplike professie en die vrywilligerstruktuur.
Hierdie veldtog rus gemeenskappe toe met 'n nuwe begrip van werksyn: die beweging van "iemand moet my help" na "kom ons bou saam". Dit beklemtoon dat elke mens, ongeag hul rol, iets betekenisvol het om te gee.
Met stories, erkenning en praktiese betrokkenheid wil ons:
- die rol van maatskaplike werkers as professionele draers van hoop en verandering sigbaar maak;
- vrywilligers mobiliseer om volhoubare oplossings vir gemeenskappe te vind;
- gemeenskappe bewus maak van die krag van diensbaarheid, deelname en samewerking; en
- mense begelei van ontvang na bydra, van afhanklikheid na deelname.
Hul voete loop die strate stil,
daar waar pyn en stukkendheid nog wil gil;
'n hand wat help, 'n hart wat hoor,
'n lig wat troos op die donker spoor.
– Hilde Kruger
-
Maatskaplike werkers: Hoopdraers in ons gemeenskappe
In elke dorp, stad en gemeenskap is daar mense wat swaarkry, wat hoop verloor het, en wat vasgevang is in omstandighede buite hul beheer. Maar daar is ook mense wat elke dag opstaan om ‘n verskil te maak – mense met deernis, deursettingsvermoë en ‘n hart vir diens aan hulle medemens. Dié mense is maatskaplike…
-
Kuberwelstand: Beskerm jou kind in die digitale wêreld
Solidariteit Helpende Hand fokus in 2025 op welstand – en in ons moderne wêreld beteken dit meer as net liggaamlike en geestelike gesondheid. Aangesien tegnologie en die internet deesdae só deel is van ons alledaagse lewe, is kuberwelstand net so belangrik. Ons kinders word groot in ‘n wêreld waar aanlyn leer, sosiale media, speletjies en…
-
Die welstand van ons gemeenskappe lê in volhoubare strukture van geborgenheid
Geborgenheid – sinoniem met “veiligheid, gerustheid, vastigheid, sekerheid”. Dit is woorde wat kalmte en tevredenheid oor ‘n mens bring as jy daaraan dink en jouself daarmee kan vereenselwig in jou beroep, jou gesin en jou gemeenskap. ‘n Geborge plek is ‘n plek waar alle mense ‘n diepgaande fisiese, emosionele en sosiale veiligheid, ondersteuning en aanvaarding…
-
Noodsaaklike selfsorg vir maatskaplike werkers en versorgers
Deur Bianca Oosthuyzen Maatskaplike werkers en versorgers speel ‘n deurslaggewende rol in die ondersteuning van kwesbare gemeenskappe, veral tydens krisistye. Hul kundigheid en toewyding stel hulle in staat om individue en gemeenskappe in uitdagende omstandighede by te staan. In hierdie konteks is geborgenheid noodsaaklik, nie net vir diegene wat hulp ontvang nie, maar ook vir…
-
Pleegsorg gee kinders stabiliteit
Elke kind het ‘n innerlike behoefte om versorg te word, om veilig te voel en om te behoort. Ons is immers mens, en dus gemaak om te behoort. Die eerste plek waar ‘n kind hierdie geborgenheid beleef, is in die huisgesin. Wanneer kinders in die veilige hawe van hulle huisgesin geborgenheid ervaar, beleef hulle sekuriteit,…
-
Hoe ouers kinders se emosionele veiligheid kan versterk en gesinsverhoudings verbeter
Goeie kommunikasie tussen ouers en hul kinders is noodsaaklik vir goeie verhoudings – dit verseker dat kinders emosioneel veilig voel. Jy kan jou boodskap op ‘n positiewe of negatiewe manier oordra tydens kommunikasie. JY-boodskappe is gewoonlik negatief. Kinders beleef dit as beskuldigend en onregverdig en dit laat hulle magteloos voel. Dit lei selfs tot skuldgevoelens,…
-
Die impak van armoede op gesinne en kinders
Die impak van armoede strek verder as net die finansiële welstand van gesinne. Dit het ook ‘n impak op gesinsverhoudinge en -dinamika. Dit is so dat gesinne en kinders wat in armoede leef, dikwels beperkte toegang het tot gesondheidsorg, basiese behoeftes en skole. Die spanning waaronder gesinne gebuk gaan as hulle wonder waar hulle volgende…
-
Hegte verhoudings – die fondasie van vroeë kinderontwikkeling
Suzette Oosthuizen, Hoof van Sentrums en Nasionale Strukture: Solidariteit Helpende Hand Kinders floreer in die warmte van liefdevolle verhoudings. Die veiligheid van sorg, aandag en vertroue laat hul wortels groei en hul vlerke vorm kry. Die eerste paar lewensjare is van kardinale belang vir ‘n kind se emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling. In hierdie tydperk…
-
Geestelike armoede, gemeenskappe en geborgenheid
Solidariteit Helpende Hand se visie is om volhoubare welstand vir die Afrikaner-gemeenskap te verseker. Dit wil ons met finansiële, sosio-emosionele, geestelike, fisiese en kulturele opheffing bewerkstellig. Ongelukkig is armoede in al hierdie lewensareas ‘n werklikheid en funksioneer dit dikwels interaktief. As jy byvoorbeeld finansieel swaarkry, kan jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly en net oorleefin plaas daarvan om voluit te leef. Ander…
-
Ouerskap is ‘n reis!
Deur dr. Rina Smith Ouerskap is ‘n reis; ek en my kind reis saam op die lewenspad! Om ‘n ouer te wees, is ‘n voorreg, maar ook ‘n verantwoordelikheid. Daarom staan elke ouer voor die vraag: Hoe kan ek ‘n verantwoordelike ouer wees? Ouerskap roep veral twee vrae na vore: Wat is my roeping as…
-
Kersvader kom Ventersdorp toe ook
Marna Swanepoel Kersvader kom Ventersdorp toe ook Dis mooi … Dis rooi … Dis Kersfees! Wie sou nou kon raai Kersvader besoek die platteland met lande vol jong mielies en trekkers ook met sy takbokke? Hierdie is ‘n storie … ‘n Klewerige storie oor kougom, ‘n skooltas en Kersvader. Wat het hierdie drie goed in…
-
Dissipline in die huis: Pa en Ma werk saam
Laat jou gesin floreer op liefdevolle dissipline en konsekwentheid deurdat beide ouers dieselfde reëls toepas en saamwerk. In die moderne gesin is dit belangrik dat ouers saamwerk om liefdevolle dissipline toe te pas. Navorsing toon dat kinders floreer as daar duidelike grense, warmte en eensgesindheid is. Ferm liefde – ‘n kombinasie van dissipline en liefde…
- « Previous
- 1
- 2
- 3
- 4
- Next »