WIL OM TE HELP

BLOG COVER VIR WEBTUISTE

Die Wil om te Help

"Die Wil om te Help" is 'n jaarlikse Maart-veldtog van Solidariteit Helpende Hand wat fokus op maatskaplike werk, diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die veldtog het ontstaan rondom die viering van Internasionale Maatskaplikewerkersdag wat jaarliks op die derde Dinsdag van Maart herdenk word. Internasionale Maatskaplikewerkersdag is 'n manier om die maatskaplike professie te belig en ruimte te skep vir opleiding en gesprek.

Met verloop van tyd het Die Wil om te Help-veldtog gegroei tot 'n maand lange bewusmakingsbeweging wat nie net maatskaplike werkers vier nie, maar ook gemeenskappe uitnooi om betrokke te raak. Ons glo as mense bereid is om op te daag, te dien en saam verantwoordelikheid te neem, verander gemeenskappe.

2026-tema: Diensbaarheid begin by die wil om te help

In 2026 fokus Helpende Hand op diensbaarheid deur die wil om te help. Ons vier, versterk en aktiveer die innerlike ingesteldheid om betrokke te raak by die maatskaplike professie en die vrywilligerstruktuur.

Hierdie veldtog rus gemeenskappe toe met 'n nuwe begrip van werksyn: die beweging van "iemand moet my help" na "kom ons bou saam". Dit beklemtoon dat elke mens, ongeag hul rol, iets betekenisvol het om te gee.

Met stories, erkenning en praktiese betrokkenheid wil ons:

  • die rol van maatskaplike werkers as professionele draers van hoop en verandering sigbaar maak;
  • vrywilligers mobiliseer om volhoubare oplossings vir gemeenskappe te vind;
  • gemeenskappe bewus maak van die krag van diensbaarheid, deelname en samewerking; en
  • mense begelei van ontvang na bydra, van afhanklikheid na deelname.

Hul voete loop die strate stil,
daar waar pyn en stukkendheid nog wil gil;
'n hand wat help, 'n hart wat hoor,
'n lig wat troos op die donker spoor.
– Hilde Kruger

  • Alkoholmisbruik onder Tieners – Ouers, dit is wat julle moet weet!

    Alkoholmisbruik is ‘n toenemende probleem onder tieners in Suid-Afrika. Selfs die verantwoordelikste tiener is al in ‘n oomblik van groepsdruk of ‘n verkeerde keuse daardeur geraak. Die verskynsel begin al hoe vroeër; sommige kinders begin al op 11 jaar drink. Die erns van die probleem Maar hoe ernstig is die probleem regtig? En wat kan jy…

  • Pleegsorg gee kinders stabiliteit en geborgenheid

    Pleegsorg gee kinders stabiliteit en geborgenheid Elke kind het ‘n innerlike behoefte om versorg te word, om veilig te voel en om te behoort. Ons is immers mens, en dus gemaak om te behoort. Die eerste plek waar ‘n kind hierdie geborgenheid beleef, is in die huisgesin. Wanneer kinders in die veilige hawe van hulle…

  • Geestelike armoede, gemeenskappe en geborgenheid

    Geestelike armoede, gemeenskappe en geborgenheid Solidariteit Helpende Hand se visie is om volhoubare welstand vir die Afrikaner-gemeenskap te verseker. Dit wil ons met finansiële, sosio-emosionele, geestelike, fisiese en kulturele opheffing bewerkstellig. Ongelukkig is armoede in al hierdie lewensareas ‘n werklikheid en funksioneer dit dikwels interaktief. As jy byvoorbeeld finansieel swaarkry, kan jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks…

  • 10 maniere om meer geborge te voel

    1) Leer ken jou bure Stel jou voor aan jou bure en bou ‘n vriendelike verhouding met mense in jou gemeenskap. Dit kan jou ‘n gevoel van veiligheid en ondersteuning gee. 2) Woon ‘n kerk- of gemeenskapsfunksie by Deur gereeld by geleenthede soos kerkdienste of gemeenskapsbyeenkomste aan te sluit, kan jy deel raak van ‘n…

  • Hegte verhoudings – die fondasie van vroeë kinderontwikkeling

    Kinders floreer in die warmte van liefdevolle verhoudings. Die veiligheid van sorg, aandag en vertroue laat hul wortels groei en hul vlerke vorm kry. Die eerste paar lewensjare is van kardinale belang vir ‘n kind se emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling. In hierdie tydperk vorm hulle hegte verhoudings met hul ouers, versorgers en onderwysers; dit…

  • Die welstand van ons gemeenskappe lê in volhoubare strukture van geborgenheid

    Geborgenheid – sinoniem met “veiligheid, gerustheid, vastigheid, sekerheid”. Dit is woorde wat kalmte en tevredenheid oor ‘n mens bring as jy daaraan dink en jouself daarmee kan vereenselwig in jou beroep, jou gesin en jou gemeenskap. ‘n Geborge plek is ‘n plek waar alle mense ‘n diepgaande fisiese, emosionele en sosiale veiligheid, ondersteuning en aanvaarding…

  • ‘n Maatskaplike werker se wonderwerkstokkie of towerstaffie

    Maatskaplike werkers beleef daagliks dat die publiek ‘n sekere persepsie en/of wanpersepsie het van wat ons rolle, dienste en verantwoordelikhede insluit, met ander woorde van wat ons mandaat is. Dit voel vir my of Jan Alleman dink ons het ‘n wonderwerkstokkie of towerstaffie, want hulle vra of verwag en ons moet net beskikbaar wees en…

  • Die hartseer wens van ‘n jong dogtertjie

    Deur Louise Zitzke: Maatskaplike werker vir Mpumalanga en KZN-Noord In ‘n stil dorp waar geheime en die sagte wind die strate vul, het ‘n dogtertjie oor my pad gekom. Haar oë het ‘n storie van verlies, pyn, en verwaarlosing vertel – ‘n verhaal wat fluisteringe van mishandeling en onsigbare littekens in die wind dra. Ek…

  • Gee jy reg of verloor jy jou geloof in die mensdom?

    Gee jy reg of verloor jy jou geloof in die mensdom? As maatskaplike werker sien ek gereeld mense wat swaarkry en hoe die nood al groter raak. In die stede staan daar op elke hoek iemand wat bedel vir kos. Die man se klere is vuil, sy hare verskroei deur die son en sy oë…

  • Die krag van HOOP in die maatskaplikewerk professie

    “En mag die God van HOOP julle vervul met alle blydskap en vrede deur die GELOOF, dat julle oorvloedig kan wees in die HOOP deur die KRAG van die Heilige Gees!” Romeine 15:13 Ons klim vroeg in die kar en ry so ‘n uur na ‘n afgeleë dorpie toe om twee skole te gaan besoek…

  • IN DIE SKOENE VAN ‘N MAATSKAPLIKE WERKER

    Suid Afrika is ‘n land van melk en heuning, maar ook ‘n land waar uitdagings en triomfe hand aan hand stap. In hierdie land stap maatskaplike werkers daagliks deur strate in gemeenskappe wat seer ervaar en poog om hoop te bring, verandering te skep en ondersteuning te bied. Maatskaplike werkers het kennis en vaardighede om…

  • Artikel: Marna Swanepoel

    B-R-A-A-F is ‘n nuwe woord in my Maatskaplikewerkwoordeboek. Dit het baie betekenisse … Wie sou nou kon dink ‘n mens sal so baie van jouself kan leer by ‘n gelukbringer met spiere so groot soos Arnold Schwarzenegger s’n en met ‘n broek wat so styf sit soos my Ouma se tuisgemaakte konfytbotteltjies se deksels. Ek…