WIL OM TE HELP
Die Wil om te Help
"Die Wil om te Help" is 'n jaarlikse Maart-veldtog van Solidariteit Helpende Hand wat fokus op maatskaplike werk, diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die veldtog het ontstaan rondom die viering van Internasionale Maatskaplikewerkersdag wat jaarliks op die derde Dinsdag van Maart herdenk word. Internasionale Maatskaplikewerkersdag is 'n manier om die maatskaplike professie te belig en ruimte te skep vir opleiding en gesprek.
Met verloop van tyd het Die Wil om te Help-veldtog gegroei tot 'n maand lange bewusmakingsbeweging wat nie net maatskaplike werkers vier nie, maar ook gemeenskappe uitnooi om betrokke te raak. Ons glo as mense bereid is om op te daag, te dien en saam verantwoordelikheid te neem, verander gemeenskappe.
2026-tema: Diensbaarheid begin by die wil om te help
In 2026 fokus Helpende Hand op diensbaarheid deur die wil om te help. Ons vier, versterk en aktiveer die innerlike ingesteldheid om betrokke te raak by die maatskaplike professie en die vrywilligerstruktuur.
Hierdie veldtog rus gemeenskappe toe met 'n nuwe begrip van werksyn: die beweging van "iemand moet my help" na "kom ons bou saam". Dit beklemtoon dat elke mens, ongeag hul rol, iets betekenisvol het om te gee.
Met stories, erkenning en praktiese betrokkenheid wil ons:
- die rol van maatskaplike werkers as professionele draers van hoop en verandering sigbaar maak;
- vrywilligers mobiliseer om volhoubare oplossings vir gemeenskappe te vind;
- gemeenskappe bewus maak van die krag van diensbaarheid, deelname en samewerking; en
- mense begelei van ontvang na bydra, van afhanklikheid na deelname.
Hul voete loop die strate stil,
daar waar pyn en stukkendheid nog wil gil;
'n hand wat help, 'n hart wat hoor,
'n lig wat troos op die donker spoor.
– Hilde Kruger
-
AANMELDING VAN MISHANDELING VAN KWESBARE GROEPE
‘n Ideale samelewing sou een wees waar sorg en empatie vir ons medemens die kern is. Wanneer ons na ons kwesbare groepe soos kinders, bejaardes en persone met gestremdhede kyk, is dit van kardinale belang dat ons hulle beskerm en vir hulle ook die geleentheid gee om vry, veilig en voorspoedig in gemeenskappe te kan…
-
Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker
Bianca Steyn As ‘n maatskaplike werker sit ek met ʼn arsenaal van stories wat sorgvuldig in my binnekant geliasseer is onder “konfidensieel – hanteer sagkens”. Elke nou en dan kry ek die voorreg om uit hierdie liasseerkabinet stories van onthou te gaan haal. Maar goeie onthou … Dit is hierdie stories van goeie onthou wat…
-
‘n Beskermende hand vir ons kinders en kwesbares
Bianca Oosthuyzen In die skemer van ons samelewing, waar die son se laaste strale die aarde omhul, ontvou ‘n storie oor drie individue. ‘n Klein gesiggie, bleek en hongerig, staar na die leë bord voor hom. Sy maag gor, maar kos is net ‘n verre droom. Hy is die onsigbare kind wat nie sy basiese…
-
Dankbare harte
Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker As maatskaplike werker bly ek nederig dankbaar vir die geleentheid om my beroep te kan beoefen en daardeur my drome en passie te kan uitleef. Die lewe vat jou soms deur baie slaggate, moeilike omstandighede en uitdagings, en as ek terugkyk op my lewe as mamma, vrou en…
-
Die wil om te help
Deur René Roux Adjunk- Uitvoerende Hoof Media en Woordvoering: Solidariteit Helpende Hand Hier staan ons weer aan die begin van Maart. Elke jaar in Maart vier ons Die Wil om te Help, ons vier maatskaplike werkers, en ons dink aan die opofferings wat hulle maak en die werk wat hulle doen omdat hulle geroep is…
-
‘n Stem vir kindwees
Dané Kotze As student het ek die geleentheid gehad om groepwerk te doen met hoërskoolkinders wat as moeilikheidmakers bestempel is. Hierdie storie oor daardie groep kinders is so na aan my hart dat ek dit nooit sal vergeet nie. Een seun in my groep is deur almal, ook die ander kinders, as die stoutste in…
-
Hoe beskerm jy die kwesbares?
Weet jy wat om te doen as jy vermoed kinders, bejaardes of persone met gestremdhede word verwaarloos of mishandel? Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers kry die afgelope tyd baie navrae vanuit die gemeenskap oor die proses van maatskaplike aanmeldings van mishandeling en verwaarlosing van kinders, bejaardes, en persone met gestremdhede. “Weens die groeiende vraag…
-
Doen jou deel. Meld kindermishandeling aan!
Wanneer die woord “kindermishandeling” gehoor word, is baie mense geneig om hulle koppe weg te draai en anderpad te kyk, want dit is bloot net te seer om te hoor. Die realiteit is dat kindermishandeling in alle gemeenskappe voorkom en dit kan heel moontlik by jou bure ook plaasvind – agter geslote deure waar niemand…
-
Die realiteit van bejaardemishandeling
Bejaardes speel ’n belangrike rol in gesinne, families en gemeenskappe veral omdat hulle kennis en vaardighede het om te deel. Solidariteit Helpende Hand het die afgelope tyd verskeie versoeke gekry om hulp te bied aan bejaardes wat moontlik blootgestel is aan mishandeling. Dit is dus duidelik dat bejaardemishandeling ’n groeiende maatskaplike kwessie is. Wat is…
-
‘n Goedvoel-storie
Oor die jare het ek al ‘n geheue-repertoire van die ervarings tydens my loopbaan as maatskaplike werker opgebou. Die meeste stories het baie hartseer begin, maar heelwat daarvan het gelukkig geëindig. Ek wil ek graag vir julle een van die stories vertel. ‘n Persoon uit die gemeenskap het ons ingelig oor Patricia (skuilnaam), 4 jaar…
- « Previous
- 1
- 2
- 3
- 4