{"id":804,"date":"2023-09-14T11:53:26","date_gmt":"2023-09-14T09:53:26","guid":{"rendered":"https:\/\/helpendehand.co.za\/?page_id=804"},"modified":"2024-04-24T07:23:18","modified_gmt":"2024-04-24T05:23:18","slug":"ons-winkel","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/helpendehand.co.za\/ons-winkel\/","title":{"rendered":"Ons Winkel"},"content":{"rendered":"\n

\n\t\tWat is die Ons Winkels?\n\t<\/h2>\n\t

Ons Winkels is die skenkingswinkels van Solidariteit Helpende Hand. Daar is bykans 127 winkels landswyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.<\/p>\n

Op die manier skep ons volhoubare besighede.<\/p>\n\t\t\t\t\tLees meer…<\/a>\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\tExpand<\/i><\/a>\n\t\t\t\t\t

Die Ons Winkels is ‘n groep wat geweldig groei en gaan bly groei in 2024. Ons wil graag sterk volhoubare winkels dwarsoor Suid-Afrika vestig wat elkeen hulle deel kan doen vir die groter gemeenskaspsgebaseerde maatskaplike ontwikkelingsdoelwit van Solidariteit Helpende Hand. Juis vir di\u00e9 rede versoek ons dat lede van die publiek wat voel dat hulle graag ‘n bydra wil maak maar dit nie noodwendig finansieel kan doen nie, die Ons Winkels sal ondersteun met skenkings van oortollige goedere of die aankoop van goeie kwaliteit bekostigbare gebruikte produkte vanuit ons winkels.<\/p>\nIs daar iets by jou huis wat die pad staan of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?
\nSkenk dit vir liefdadigheid.\n

Met jou ongewensde items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is ‘n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ‘n winskopie of twee kan opraap.<\/p>\n

Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ‘n item nie, dit is ‘n toekoms.<\/p>\n

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.<\/p>\n\t\t\t\t\tAreas vir nuwe Ons Winkels<\/a>\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\tExpand<\/i><\/a>\n\t

Wes-Rand<\/strong><\/p>\nFochville
\nCarletonville
\n<\/strong>\n\t

Wes-Kaap<\/strong><\/p>\nMoorreesburg
\nVredendal
\nVishoek
\nVeldrif
\nLangebaan
\nSaldana
\nCalvinia\n

 <\/p>\n\t

Gauteng<\/strong><\/p>\n

Paulshof<\/p>\n

 <\/p>\n\t

Vrystaat<\/strong><\/p>\nParys
\nBothaville
\nJacobsdal\n

 <\/p>\n\t

Noord-Kaap<\/strong><\/p>\nDouglas
\nKathu
\nDe Aar
\nKuruman
\nPrieska
\nJacobsdal
\nHartswater
\nColesberg
\nPostmasburg\n

 <\/p>\n\t

Oos-Kaap<\/strong><\/p>\nGrahamstad
\nOos-Londen
\nQueenstown\n

 <\/p>\n\t

Oos-Rand<\/strong><\/p>\n

Germiston<\/p>\n

 <\/p>\n\t

KwaZulu-Natal<\/strong><\/p>\nPietermaritzburg
\nPinetown
\nDurban-Noord\n

 <\/p>\n\t

Mpumalanga<\/strong><\/p>\nVolksrust
\nSabie\/Hazyview
\nLydenburg\n

 <\/p>\n\t

Noordwes<\/strong><\/p>\nVolksrust
\nSabie\/Hazyview
\nLydenburg
\nVryburg
\nBloemhof
\nZeerust\n

 <\/p>\n\t\t

\n\t\tWou jy nog altyd jou eie besigheid in jou dorp besit? Nou kan jy die eienaar van ‘n Ons Winkel raak!\n\t<\/h2>\n\t

Wat behels dit?<\/p>\nOns Winkels ontvang skenkings van die publiek en sit dit om in kapitaal (verkoop dit).
\nDie kapitaal voorsien die eienaar van ‘n inkomste en befonds onder andere studiefondse en maatskaplike projekte in die
\nAs eienaar sal jy verantwoordelik wees vir die bestuur van en daaglikse pligte in die winkel.
\nJy benodig ongeveer R50 000 as aanvangskapitaal.\n

Jy is ideaal vir die posisie indien jy oor die volgende beskik:<\/p>\nErvaring as eienaar of bestuurder van ‘n besigheid
\nJou eie voertuig
\nKennis van personeelaangeleenthede
\nMS Office-vaardighede
\nKennis van bemarking en sosiale media\n

Ons Winkel – Nuwe winkels<\/h2>\n \n\t\t\t\t\t\t\t"*" indicates required fields\n
\n
Naam en van*<\/legend>\n \n