Die nood by Afrikaanse laerskole neem jaarliks toe. Meer en meer ouers kan nie die skoolfonds of basiese voedsel bekostig nie en gevolglik is daar menige behoeftige graadeens wat hulle skoolloopbane ook sonder die nodige skryfbehoeftes begin.
Dit is om hierdie rede dat Solidariteit Helpende Hand in 2007 die Skooltassieprojek geloods het en elke jaar die enorme taak aanpak om skooltassies vir behoeftige Afrikaanse graadeens oor die hele land uit te deel. Die projek skenk aan behoeftige graadeenleerlinge in Afrikaanse laerskole ʼn rugsakkie propvol al die nodige skryfbehoeftes en verseker op dié manier dat hulle op hulle eerste skooldag ʼn gelyke wegspringkans kry.
Op die oog af lyk dit na ʼn eendimensionele behoefte, maar tog beteken daardie skooltassie soveel meer vir ʼn kind as net basiese gereedskap vir skool. Die tassie is ’n bewys van ons geloof in daardie kinders se potensiaal, ʼn bewys dat hulle nie alleen is nie en dat en ons saam met hulle die nuwe uitdaging van groot skool betree. ʼn Skooltassie getuig van betrokkenheid, liefde en omgee en dit laat ʼn kind moed skep om self elke ontwikkelingsoomblik met albei hande aan te gryp.
Wat is in die Skooltassieprojek se rugsakkie?
In 2012 het elke rugsakkie uitdraaikryte, vetkryte, ʼn inkleurboek, legkaart, springtou, waterverf, klei, inkleurpotlode, grys potlode, ʼn liniaal, skerpmaker, skêr en uitveër, gom en pennesakkies, ʼn witbord met sy penne en uitveër, ʼn geletterdheidsboekie van die Bybelgenootskap en ’n tennisbal bevat. Die waarde van net die inhoud alleen was ongeveer R245. Sewe en sestig van Helpende Hand se vrywilligertakke het die rugsakkie met al die inhoud binne-in vir slegs R200 versprei na 171 skole oor die hele Suid-Afrika.
Aan die begin van 2013 het 3 700 graadeentjies hulle gelyke wegspringkans gekry – 16 200 in totaal sedert die projek begin het.
Bybelgenootskap-geletterdheidsboekie
Die Bybelgenootskap se “My eerste Bybel Doen en leer boek” is ʼn leesboek van 30 bladsye wat kinders deur middel van die ryk skat van Bybelverhale en hulle kleurvolle karakters aan letters, syfers en woorde blootstel . Lees- en basiese syfervaardighede word by beginnerlesers gevestig deur die Doen en Leer-metode, wat leerders en al hulle sintuie betrek. Onderrig word vergemaklik deur die gebruik van ikone, flitskaarte, en ʼn onderwysersgids wat by die boek ingesluit is.
MiniChess
In 2013 word die Tassieprojek uitgebrei met die MiniChess opvoedkundige program. Die program het ʼn holistiese benadering waarin die opleiding van die onderwysers, die werkskeppingskomponent en die speletjies op die skaakbord ewe belangrik is en ewe veel tot die sukses daarvan bydra. Die program, gemik op die grondslagfase (graad R tot graad 3), lê ʼn kardinale fondament vir die ontwikkeling van ʼn kind se syfervaardighede en wiskundige vermoëns, strategiese- en kreatiewe denke asook ander belangrike lees- en lewensvaardighede. Die program sal geïmplementeer word onder leerders in graad 1 tot 3 van skole wat deel vorm van die Tassieprojek.
Wie kwalifiseer vir ʼn skooltassie?
1. Afrikaanse laerskole word deur Helpende Hand-vrywilligertakke genomineer.
2. Laerskole se graadleier of skoolhoof doen dan aansoek vir sy graadeens op grond van die hoeveelheid kinders wat nie die skoolfonds kan bekostig nie.
3. Elke kind in daardie graadeenklas wat nie skoolfonds kan bekostig nie kry dan ʼn skooltassie.
Hoe werk die verspreiding van die skooltassies?
Sodra die aansoeke van die skole ontvang is, word die skryfbehoeftes bestel en versprei na 10 punte oor die hele Suid-Afrika, waar dit gepak word deur Helpende Hand-vrywilligers en ander belangstellendes.
Hoe raak ek betrokke?
Borg ‘n skooltassie vir R200 of lewer ‘n bydrae tot die Skooltassieprojek!
SMS die woord “tassie” na 34388 en ‘n Helpende Hand-agent sal jou kontak. (’n SMS kos R2.)
Skakel Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390.
Maak ’n skenking.
Bank: ENB (EERSTE NASIONALE BANK) Takkode: 250 655 – Centurion Rekening nr: 62 331 445 503 Indien u ʼn donasie vir een van ons Nasionale Projekte wil maak, onthou asb die verwysing “Skooltassie” of “Kosblikkie” tesame met u naam indien u dit sou verkies Indien u ʼn donasie vir een van ons Nasionale Projekte wil maak, onthou asb die verwysing “Skooltassie” of “Kosblikkie” tesame met u naam indien u dit sou verkies ʼn Artikel 18A-sertifikaat kan aan maatskappye en individue wat geldelike bydraes maak uitgereik word sodat hulle ʼn belastingeis kan indien. Skenkers moet ʼn bewys van inbetaling of ʼn faktuur verskaf sodat die sertifikaat uitgereik kan word. Navrae in verband met 18A-belastingsertifikate kan aan barbera@helpendehand.co.za gerig word. Helpende Hand verwelkom enige maandelikse donasies ten bedrae van R30 of meer (bankkoste speel ongelukkig klaar met kleiner skenkings). Eenmalige skenkings is ook baie welkom. Skenkings van lewensmiddele soos kos, klere, meubels en ander huishoudelike items word met groot waardering deur die skenkings- en verspreidingsafdeling ontvang om na kleuterskole, ouetehuise, informele nedersettings en skuilings te versprei. Skenkings word slegs aan projekte gegee waarvoor staatsubsidiëring nie geredelik beskikbaar is nie. U kan gerus ‘n skenking maak aan ons skenkingskantoor Daar is altyd ʼn behoefte aan kos en toiletware: In die Pretoria-omgewing kan skenkers items na Helpende Hand se nasionale kantoor by Solidariteit-park, h.v. DF Malanrylaan en Eendracthstraat, Kloofsig bring. Die kantoorure is Maandag tot Donderdag, 08:00 tot 16:30, en Vrydag van 08:00 tot 15:00. Die skenkingsregister word by die Helpende Hand-kantoor voltooi, waarna goedere by die skenkingstoor afgelaai word.
Rekening naam: Solidariteit Helpende Hand Fonds
Laai die aansoekvorm af en faks dit na 012 664 1295.
Kontak die skenkingskantoor by 012 644 4426 of stuur ‘n epos aan skenkingskantoor@helpendehand.co.za
Kos: mieliemeel, koekmeel, rys, kitsgis, gedehidreerde groente, sojaprodukte, rooibostee, suiker, klein bottels olie, blikkies vis/boontjies/gemengde groente, konfyt/grondboontjiebotter, poeiermelk, sout.
Toiletware: seep, tandepasta, tandeborsels, waslappe, deodorant, sanitêre doekies, toiletpapier, sneesdoekies, formulemelk.
Skenkings in ander gebiede word direk na ʼn vrywilligergedrewe Solidariteit Helpende Hand-tak in die omgewing gekanaliseer.




KYK VIDEO’S VAN DIE SKOOLTASSIEPROJEK HIER
Clara ondersteun die Skooltassieprojek: Klik hier
Clara vra R200 vir Skooltassieprojek: Klik hier
Bok en Lianie ondersteun Tassie – Bok van Blerk en Liani May onthou hulle eerste skooldag tydens Skooltassieprojek Klik hier
Probleme – Jacques Combault ondersteun die Nasionale Skooltassieprojek. Jacques het onlangs die Afrikaanse graad R-klas van Laerskool Westerlig in Pretoria-Wes vertel hoe die Heilige Gees mens kan help om boelies ore aan te sit Klik hier
Read in English