KOSBLIKKIE
Ons wil behoeftige Afrikaanse kleuters daagliks voed en sodoende hul fisieke groei, leervermoë en emosionele welstand versterk. Vir baie van dié kleuters is die kos wat hulle by hul kleuterskool kry hul enigste bord kos vir die dag en daarsonder kan hulle nie op skool konsentreer of presteer nie.
MEER OOR KOSBLIKKIE
Saam met StopHonger en HelpJag verseker die Kosblikkie-projek dat meer as 8 000 kleuters elke dag 'n voedsame maaltyd kry. Vir hulle beteken 'n bord kos nie net voeding nie; dit laat hulle veilig en hoopvol voel en is die belofte van 'n beter toekoms.
Die Kosblikkie & PlantSelf-projek vat hande
Solidariteit Helpende Hand droom van 'n volhoubare toekoms vir ons gemeenskap. 'n Toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan.
Die Kosblikkie-projek fokus op die ondersteuning van behoeftige kleuters met voeding. So wend ons op 'n vroeë stadium van 'n kind se lewe pogings aan om welstand te verseker.
Met die PlantSelf-projek wil ons gemeenskappe aktiveer om selfonderhoudend te wees. Die PlantSelf Plantkoepel stel gemeenskappe in staat om voedselbronne van hul eie te kweek en so ekonomies onafhanklik te raak.
Deur 'n plantkoepel by 'n Kosblikkie-skool te plaas, bemagtig ons skole om 'n stap in die rigting van selfonderhoudendheid te neem. Raak vandag betrokke by hierdie inisiatief!
HOE HELP ONS
- Voeding in kleuterskole – Helpende Hand befonds voedsame etes wat kinders se immuniteit, konsentrasie en selfvertroue verbeter.
- Volhoubare gemeenskappe – Samewerking met projekte soos en PlantSelf bemagtig skole en gemeenskappe om selfonderhoudend te raak deur hul eie voedsel volhoubaar te produseer.
ONS INVLOED
- Meer as 8 000 kleuters kry elke dag 'n voedsame bord kos.
- Kinders konsentreer beter en hulle motoriese vaardighede en skoolprestasie verbeter.
Sluit aan
Help ons om bord vir bord hoop te bou.
- Skenk 'n kosblikkie – Maak 'n eenmalige of herhalende bydrae.
- Befonds 'n plantkoepel – Ondersteun 'n skool om sy eie groente te verbou.
Dinamika Finansiële Dienste is ‘n trotse borg van die projek.