Kosblikkie

HELPENDE HAND VOED TANS 8 000 KINDERS DAAGLIKS.

In 'n wêreld van oorvloed en oormaat is dit maklik om die eenvoudige daad van aansit vir 'n maaltyd as vanselfsprekend te aanvaar. Maar vir 'n behoeftige kleuter verteenwoordig 'n bord kos veel meer as net kos; dit simboliseer hoop, sekuriteit en die belofte van 'n beter toekoms

#StopHonger en die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat kleuters daagliks 'n voedsame bord kos ontvang.

Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met die voeding van kleuters te ondersteun. Kleuters word danksy die voedingsprojek as fisiek sterker bestempel. Hulle groot en klein motoriese vaardighede asook hulle intellektuele en emosionele ontwikkeling baat by die voedsame maaltyd. Dit beteken dat hulle gehoorsamer is, hulle take makliker kan verrig en dat hulle selfvertroue verbeter.

Helpende Hand ontvang ook versoeke om kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne te help en daarom is bykomende veldtogte soos #StopHonger en #HelpJag begin om die Kosblikkie-projek aan te vul.

Elke maaltyd wat aan 'n behoeftige kleuter gegee word, is 'n vriendelike gebaar wat die krag het om lewens te verander en die toekoms van ons land te vorm.

Deur by te dra tot voedsame kos vir behoeftige kleuters, dra ons bord vir bord by tot 'n hoopvoller samelewing.

Maak ʼn eenmalige finansiële bydrae tot die projek of wees kreatief en pak ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter.

Randrekker-01
Randrekker-02

Captain Hear'O

Solidariteit Helpende Hand en Captain Hear'O vat hande om met bewusmaking en gehoorsiftingstoetse om te sien na kinders se gehoorgesondheid. So verseker Helpende Hand nie net dat kinders 'n gesonde bord kos ontvang nie, maar ook dat gehoorverlies reeds op 'n vroeë ouderdom geïdentifiseer en voorkom kan word.

Helpende Hand streef daarna om na die holistiese welstand van ons kinders om te sien:

  • Fisies
  • Emosioneel
  • Sosio-emosioneel
  • Kultureel

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Kontak ons

Danelle du Plessis
Projekorganiseerder