Internasionale Skakeling

Die KOVID-19 pandemie het Suid-Afrikaners in die buiteland se belangstelling in die aktiwiteite van hul geboorteland sterk laat toeneem. Solidariteit Helpende Hand gaan in samewerking met Solidariteit Beweging al ons inisiatiewe aan Suid-Afrikaners in die buiteland bemark om ons ondersteuningsbasis op hierdie wyse uit te brei.

Die internasionale skakel met oud-Suid-Afrikaners moet verbreed word deur ’n strategiese kommunikasie-stelsel, om sodoende hulle kennis en hulp na ons gemeenskappe op te bou en te behou.