Webbanier-23

Die Oorgang van Krisis na Toekoms

Ons het die uitdagings geïdentifiseer, en nou bou ons aan die oplossings. Ons weet dat ons as Afrikaner maatskaplike werkers 'n belangrike rol in ons gemeenskap speel en dat ons 'n ruimte het om 'n verskil te maak.
Staatsafhanklikheid, befondsing en dienslewering mag nie ons roeping beperk nie – ons kan 'n selfstandige toekoms bou deur slim strategieë en samewerking.
Ons weet reeds dat dit moontlik is om onafhanklik van die staat te funksioneer en steeds uitmuntende dienste te lewer. Daar is modelle en suksesverhale wat ons kan gebruik om 'n nuwe, sterker pad vorentoe te baan. Hierdie beraad is die begin van daardie toekoms.

Neem deel aan die toekoms

Ons nooi alle maatskaplike werkers, gemeenskapsorganisasies en belanghebbendes uit om deel te wees van hierdie betekenisvolle geleentheid. Dink solank aan die uitdagings en idees wat jy wil deel en hoe ons as 'n gemeenskap werklik 'n verskil kan maak.
Kom ons skep saam 'n toekoms van hoop en volhoubaarheid – vir ons gemeenskappe, vir ons professie en vir die generasies wat kom.

Temas wat bespreek gaan word deur kundiges:

Wetgewingsraamwerk

Befondsing

Dienslewering

Maatskaplike Beroep