Maatskaplike toekomsplan netwerkgeleentheid
Die Krisisberaad 2024 is gehou in reaksie op ernstige uitdagings soos wetgewende struikelblokke, finansiële druk en diensleweringskrisisse waarmee maatskaplike organisasies en werkers gekonfronteer is. Dit het gefokus op probleemanalise en onmiddellike ingryping om oorlewing moontlik te maak.
Uit die Krisisberaad 2024 het die Toekomsberaad 2025 ontstaan – 'n strategiese platform wat nie net oplossings vir huidige probleme soek nie, maar ook 'n volhoubare, selfstandige toekoms vir maatskaplike werk bou. Soos dr. Dirk Hermann dit stel: "Self as dit kan, staat as dit moet."

Van oorlewing na groei
Die Toekomsberaad 2025 verskuif die fokus van reaksie na aksie – van staatsafhanklikheid na selfstandige maatskaplike ondernemings. Ons wil nie passief wag vir verandering nie, maar aktief bou aan 'n beter toekoms deur saam te werk, te innoveer en verantwoordelikheid te neem.
ONS GLO IN
samewerking met die staat, sonder oormatige afhanklikheid;
ONS GLO IN
maatskaplike selfvertroue en roepingsgedrewe diens;
ONS GLO IN
maatskaplike ondernemingskap as sleutel tot volhoubaarheid;
ONS GLO IN
erkenning van maatskaplike werkers en ondersteuning van hul roeping.
Tydens die Toekomsberaad 2025 is die Maatskaplike Toekomsplan bekendgestel. Dit bevat vier fokusareas: wetgewende raamwerk; befondsing; dienslewering; en maatskaplike werk as beroep. Dit sluit die kort-, medium- en langtermynaksiestappe in om die brug te bou tussen effektiewe maatskaplike dienste en die gemeenskap.
Wat volgende?
Die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk is 'n veilige ruimte vir professionele ontwikkeling, samewerking en die deel van beste praktyke. Hier begin die werklike verandering – deur verbintenis, geloof in ons roeping en doelgerigte aksie.
Solidariteit Helpende Hand vorm 'n ondersteuningsnetwerk wat hande vat met maatskaplike organisasies, sodat ons saam sterker kan staan en dienste volgens beste praktyke aan gemeenskappe kan bied.
'n Netwerk van verandering
Na afloop van die Toekomsberaad 2025 is begin met die aktiewe uitrol van die Maatskaplike Toekomsplan in gemeenskappe reg oor die land. Hierdie plan is nie net 'n visie nie – dis 'n padkaart na 'n selfstandige, hoopvolle en volhoubare toekoms vir die maatskaplike professie en dienslewering in gemeenskappe.
Die Plan