SENIORS IN AKSIE
Seniors in Aksie (SIA), ’n program wat waarborg om die lewenskwaliteit van ons seniors te verbeter.
MEER OOR SENIORS IN AKSIE
Die program is saamgestel in samewerking met Mind Moves instituut. Die projek poog om soveel as moontlik seniors in ons gemeenskappe, regoor die land, bloot te stel aan die bewegings van Senior Mind Moves. Ons wil seniors toerus sodat hulle sélf verantwoordelikheid vir hulle lewens op hul oudag kan neem en nie afhanklik van iemand anders vir hulle geluk is nie.
Hoe word die projek uitgerol?
Helpende Hand se maatskaplike werkers is opgelei in die Senior in aksie program en bied weer om die beurt aan ons vrywilligers, met ’n passie vir seniors, die nodige opleiding en toerusting bied om in hulle gemeenskap terug te ploeg in seniors se lewens.
Hoe kan ek by die program betrokke raak?
Kontak jou naaste STREEK vir meer inligting.
Hoe help ons
- Senior Mind Moves: Hierdie program gebruik wetenskaplik ondersteunde tegnieke om seniors se breinaktiwiteit, mobiliteit en betrokkenheid te verbeter.
- Opleiding van fasiliteerders: Helpende Hand se maatskaplike werkers word opgelei as Senior Mind Moves-fasiliteerders en hulle lei weer op hulle beurt vrywilligers in gemeenskappe reg oor die land op om die program aan te bied.
- Gemeenskapsdeelname: Seniors neem deel aan aktiwiteite en projekte wat hul selfwaarde, gesondheid en sosiale betrokkenheid versterk.
Hoe kan jy help
Maak 'n finansiële bydrae: Jou bydrae help ons om meer maatskaplike werkers en vrywilligers as fasiliteerders op te lei en sodoende meer seniors te bereik.
Sluit aan
Help ons om ouer persone reg oor Suid-Afrika te bemagtig en hul lewensgehalte te verbeter.
SENIORS IN AKSIE BIBLIOTEEK
Stories
Inspirasie vir kreatiewe projekte
Kyk weer na Senior Mind Moves bewegings