Ander inisiatiewe

pexels-maizal-najmi-561201

Internasionale Skakeling

Die KOVID-19 pandemie het Suid-Afrikaners in die buiteland se belangstelling in die aktiwiteite van hul geboorteland sterk laat toeneem. Solidariteit Helpende Hand gaan in samewerking met Solidariteit Beweging al ons inisiatiewe aan Suid-Afrikaners in die buiteland bemark om ons ondersteuningsbasis op hierdie wyse uit te brei.

E-kaart_1

Monumentaal

Na bykans 2 000 km en 5 dae se reis oor Suid-Afrika is die Afrikaner-monumente vasgevang soos nog nooit tevore nie. Dít vir die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit se nuwe musiekvideo en snit, Monumentaal, wat ’n terugblik gee op die Afrikaner se geskiedenis.

Web-banner_JosefSilo

Josef Silo's

Suid-Afrika en die hele wêreld bevind hulself tans in uitdagende tye wat voortduur. Om hierdie rede het Helpende Hand besluit om die Bybel as ʼn riglyn te gebruik om seker te maak dat mense in nood in dié uitdagende tye van voedsel voorsien word.

RSA300x250

Jou Huis is Hier

Solidariteit Helpende Hand is deur die handelsmerk, Boerboel, genader om ’n inisiatief van stapel te stuur wat diepte aan die Boerboel-handelsmerk sal bring en terselfdertyd ook vir ’n goeie doel sal staan. Dit sal vir hul teikenmark en Helpende Hand-ondersteuners iets bied wat meer patrioties en ernstig is, om sodoende ’n gevoel van behoort, vryheid, selfdoen en gemeenskapskrag te beklemtoon.

Logo_HKK-01

Helpende Kerke

In 2019, kort voor die bekendmaking van die Covid-19-inperkings, het Solidariteit Helpende Hand vir die eerste keer 'n Helpende Kerke-kongres gehou. Die rede was eenvoudig: Helpende Hand doen gemeenskapsontwikkeling, en die sterkste struktuur in 'n gemeenskap is die kerk.

john-cafazza-AeABkasP-24-unsplash

Die laaste Afrikaanse Kerk

In die volksmond staan sy as die Paul Kruger Kerk bekend. Ons praat van “sy”, want sy is die moeder van al die Gereformeerde Kerke in Pretoria. Jy moet mooi kyk om haar raak te sien, want daar waar sy op die hoek van WF Nkomo- en Kgosi Mampurustraat (voorheen Kerk- en Potgieterstraat) staan, is sy gedeeltelik verberg deur bome en halfvoltooide toringblokke.

Boek Mockup

Ons Hand in Sy Hand

Die Begrond Instituut vir Christelike Grondslagstudies het die afgelope jaar in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, 'n handleiding ontwikkel wat vanjaar deur Helpende Hand in hulle gemeenskappe uitgerol gaan word.