Web-banner_JosefSilo

Josef Silo’s vir hongersnood

Suid-Afrika en die hele wêreld bevind hulself tans in uitdagende tye wat voortduur. Om hierdie rede het Helpende Hand besluit om die Bybel as ʼn riglyn te gebruik om seker te maak dat mense in nood in dié uitdagende tye van voedsel voorsien word.

Met ons Josef Silo’s werk Helpende Hand op die beginsel om “reg te gee” sonder om afhanklikheid te skep. Die publiek kan dus gerus wees dat dít wat hulle skenk, reg uitgedeel en aangewend gaan word.

Die naam van die projek spruit uit die Bybel: Josef het in Egipte opdrag gekry om tydens die sewe jaar van oorvloed kos bymekaar te maak en te stoor vir die sewe jaar van hongersnood wat sou volg.

Helpende Hand se bedoeling met Josef Silo’s is dus om voorsiening te maak vir die moeilike tye wat ons tans ervaar én voorsorg te tref vir moeilike tye wat kan kom. Die donasies wat ons ontvang, word aangewend om individue en gesinne, asook instansies en organisasies wat voedselnood ervaar, te ondersteun.

Helpende hand het gevestigde stukture in plek. Elke individu/gesin wat by Helpende Hand om hulp aanklop, word na gepaste hulpbronne of die streek se maatskaplike werker verwys waar die aansoeker woon.  Ons glo daarin dat mense die vermoë het om hulleself te help en daarom versoek ons dat hulle ʼn assesseringvorm voltooi. Sodoende kan hulle saam met die betrokke maatskaplike werker bepaal watter ondersteuning moontlik gebied kan word, gesien in die lig van die holistiese welstand van die persoon.  Op hierdie wyse kan ons verseker dat ons die donasies wat aan ons toevertrou word op ʼn georganiseerde en gestruktureerde manier uitdeel.

Indien u graag ʼn bydrae wil maak, skakel gerus die streekorganiseerder in u area of stuur ʼn e-pos aan [email protected]. Voorsorgmaatreëls sal getref word om alle skenkings te ontsmet en só te verhoed dat die virus op die goedere versprei word.