Navorsing

Solidariteit Helpende Hand Navorsing dra die verantwoordelikheid om tot voordeel van die samelewing op te tree en d.m.v. navorsingsresultate die doelwitte van die organisasie te bevorder en volhoubare oplossings vir maatskaplike kwessies in gemeenskappe te vind.

Enige maatskaplike vraagstuk soos bv., armoede of maatskaplike wanfunksionering van mense, vereis kennis van hierdie vraagstukke, voordat ’n ondersoek begin oor hulpverleningsprosesse. Kennis is noodsaaklik oor wat verkeerd is, voordat beplanning begin hoe sake reg gemaak word. Dit gaan nie net oor die hulpverleningsproses nie, dit gaan ook oor deeglike kennis van ’n maatskaplike bestaansnood wat ontwikkel het. 

Dr. Rina Venter

Ons doelwit:

  • Om empiriese data op ’n verstaanbare en kreatiewe wyse uit te beeld wat ten voordeel van die organisasie en sy belangegroepe strek.

 

’n Getroue navorsing-afdeling maak dit moontlik om akademiese maatskaplike vraagstukke te antwoord en ’n kennisreservoir in gemeenskapsontwikkeling op te bou.

 

Klik op die skakels hieronder om die navorsingsverslae te bekom.

Mondhigiëne

Help Hetta 2020

Bejaardesorg

Die Studiefondssentrum 2020

Gemeenskapstudiefondse