Deur ons Gemeenskapanalise bepaal ons die sterktes, hulpbronne en behoeftes van ons gemeenskappe om hul te ontwikkel in sterk bome wat skadu vir die volgende geslag sal bied.

Gemeenskapsnavorsing

Solidariteit Helpende Hand se navorsing wat nasionaal van stapel gestuur is, is deur meer as 15 000 respondente voltooi. Hierdie navorsing het sonder enige twyfel benadruk dat alle Afrikaners ʼn vorm van maatskaplike krisis in die gesig staar.

Dié opname is die eerste tree na gemeenskapsontwikkeling, om uit te vind hoe om hierdie gemeenskappe betrokke te kry, vas te stel hoe hierdie gemeenskappe verenig kan word, asook watter programme en aktiwiteite holisties ontwikkel kan word.

Ons weet reeds hoe uiters belangrik dit is om op die regte plek, op die regte manier, die regte verskil te maak.

Hierdie gemeenskapsvraelys help ons geweldig baie om ʼn verskil te maak waar dit regtig saak maak. Om slegs kos uit te deel, verlig moontlik die onmiddellike, daaglikse nood, maar dit is nie vir die toekoms volhoubaar nie. Ons moet dus saamwerk en gemeenskapskrag ontsluit.

Só dien ons saam ons gemeenskap.

Klik op die lys hieronder om die navorsingsverslae af te laai

youtube-video-thumbnail

Dit is ONS gemeenskap,
ONS groei,
ONS ontwikkeling,
ONS oplossings,
ONS talente,
ONS gawes,
ONS besighede,
ONS veiligheid,
ONS holistiese welstand,
ONS kultuur,
ONS huis,
ONS entrepreneuriese vermoëns,
ONS denke,
ONS kerk,
ONS werk,
ONS kinders,
ONS omgewing,
ONS geleenthede,
ONS nalatenskap
– wat nou ’n verskil gaan maak.

Hoe kan ONS mekaar bystaan?