Streke- en takke-afdeling

Die Streke- en takke-afdeling bestaan tans uit 14 streke wat in 9 provinsies gestasioneer is met 200 takke en/of dorpsverteenwoordigers.

Waarmee is Solidariteit Helpende Hand in jou streek en gemeenskap besig? Jy kan betrokke raak!

Besoek jou streek om by jou naaste tak betrokke te raak

landingsblad_foto_Karoo

Bo-Karoo-Streek

Ons span se roeping is om die nood van Afrikaners op grondvlak te verlig deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en gesinne. Ons doen dit deur Afrikaner-gemeenskappe deur middel van opvoeding, opleiding en ontwikkeling te bemagtig met kennis en vaardighede.

Aerial view, extreme long shot, looking down as the Limpopo River winds its way through Southern Mozambique, where it recently crested its banks and sent floodwaters rushing through towns and farmland,  forcing people from their homes and wreaking havoc with the countries infrastructure.  Even though waters have receded over the past week, heavy rains seen in the distance, continue to threaten the region with more flooding.  C-130 aircraft (not shown), assigned to the 37th Airlift Squadron at Ramstein Air Base, Germany, fly daily Keen Sage aerial surveillance missions  over Mozambique to help find stranded flood victims and survey flood levels and damage caused by the flooding in Southern Africa.  The 37th Airlift Squadron C-130 aircraft, are deployed to Hoedspruit Air Force Base, South Africa, as part of the United States Operation Atlas Response, humanitarian relief efforts.

Limpopo-Streek

Solidariteit Helpende Hand reik al sedert 2010 uit na gemeenskappe in die Limpopo-streek. Dié gemeenskapsorganisasie word bygestaan deur vrywilligers wie se hande vir niks verkeerd staan nie.

4c24375146d8d10bb447fe64d9fbdaa521ff5c93-2000x1333

Mpumalanga & KZN-Noord-Streek

Ons streek bestaan uit ʼn saamwerkspan met ʼn hart vir hoop en ʼn visie om saam ʼn wesenlike verskil te maak deur hoop te skep vir die toekoms. Ons het omgeeharte en is taakgerig, gedrewe en passievol.

Noord-Kaap

Noord-Kaap-Streek

Hier poog ons om volhoubare strukture tot stand te bring en projekte te loods ter bevordering van maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling. Ons brei en stap vir KANSA. Ons eet skaapkop en afvalpotte ten bate van gemeenskap-studiefondse. 

4b

Noordwes-Streek

In ons groot streek met sy plattelandse dorpies is dit juis ons ingesteldheid om alles in te sit wat ons help om sukses te behaal. Ons roepingsgedrewe doelwit is om ons gemeenskappe te versterk deur hande te vat en saam te bou aan 'n voorspoedige toekoms.

The town of Graaff-Reinet lies in the Valley of Desolation in the northeast Karoo region of the Eastern Cape province in South Africa. Founded  in 1786, exactly a century before Johannesburg, it is the third-oldest colonially established settlement in South Africa. Notable South Africans born in Graaff-Reinet include anti-apartheid activists Robert Sobukwe, Matthew Goniwe and Beyers Naude, artist Helen Martins, 19th-century road builders Andrew Geddes Bain and Thomas Charles John Bain, palaeontologist James Kitching and business mogul Anton Rupert. (South African Tourism, CC BY-2.0)

Oos-Kaap en KZN-Suid-Streek

Die Oos-Kaap-streek bestaan uit die hele Oos-Kaapprovinsie, en die KZN-Suid-streek bestaan uit KwaZulu-Natal-Suid, van Port Edward tot by Umhloti in die ooste en Mooirivier in die noorde.

Benoni_CBD

Oos-Rand-Streek

Die Oos-Rand streek en sy vrywilligers streef daagliks daarnatoe om ons lede van die gemeenskap selfwerksaamheid te leer. Ons aktiveer gemeenskappe sodat hulle van Hart tot Hand na Ander leef.

63551-Pretoria

Pretoria-Streek

Helpende Hand Pretoria-streek is in die Jakarandastad geleë en sluit ook ’n titseltjie platteland in, want Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit is deel daarvan. In die Pretoria-streek is daar 15 vrywilligertakke wat ons hande en voete in die gemeenskap is.

434142514_384626981043337_502813879373881116_n

Pretoria Jeug-Streek

Helpende Hand is Afrikaanssprekendes met Christelike waardes wat fokus op gemeenskapsontwikkeling. Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap.

maxresdefault

Pretoria-Oos-Streek

Helpende Hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waarin die fokus geval het op helpsaam en ons. Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die daaglikse uitdagings aan te pak, moet 'n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.

WhatsApp Image 2023-06-12 at 22.22.29 (1)

Sentraal-Streek

Welkom by die Sentraal-streek waar ons bou aan die toekoms en drome van Centurion, Midrand, Midstream en gedeeltes van Pretoria-Wes.

North-West-Province

Platinum-Streek

Platinum streek het in Julie 2022 as ’n volwaardige streek begin funskioneer! Helpende Hand Platinum streek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling.

shutterstock_1101573179

Vrystaat-Streek

Ons probeer ook om armoede te verlig en voorkom en om die armoedesiklus te verbreek met opvoeding, opleiding en ontwikkeling waardeur ons individue met kennis en vaardighede bemagtig.

ON-CQ540_cape2_G_20180824143830

Wes-Kaap-Streek

Helpende Hand Wes-Kaapstreek se doel is om die nood van Afrikaners op grondvlak aan te spreek deur middel van gemeenskapsontwikkeling.  Ons fokus op kinders, bejaardes en persone met gestremdhede asook hierdie persone se gesinne.

External-View-251-scaled

Wes-Rand-Streek

Helpende Hand Wes-Rand & Vaaldriehoek streek se doel en missie is om sy gemeenskappe op te hef en by te staan dmv Gemeenskapsontwikkeling en opleiding.