STREKE & TAKKE
Solidariteit Helpende Hand bevorder welstand in gemeenskappe regoor Suid-Afrika deur middel van 200 vrywilligertakke in 14 streke.
Ons streke, vrywilligertakke en maatskaplike werkers vorm deel van die welstandgerigte gemeenskapsontwikkelingsstruktuur wat daarop gemik is om volhoubare gemeenskappe te bou.
Hierdie struktuur bied aan individue die geleentheid om op ’n gestruktureerde manier betrokke te raak en deel te wees van ’n geborge gemeenskap waar hulle werklik ‘n verskil kan maak.
Waarmee is Solidariteit Helpende Hand in jou streek en gemeenskap besig? Jy kan betrokke raak!