STOPHONGER

Ons wil gemeenskappe bewus maak van honger onder Afrikaanse kinders in en daadwerklik bydra tot die stryd teen hongersnood deur Helpende Hand se voedingsnetwerk te ondersteun.

StopHongerMobile

MEER OOR STOPHONGER

StopHonger fokus op 'n hartverskeurende werklikheid: Duisende kleuters in ons gemeenskappe gaan elke aand honger slaap. Dit het verwoestende gevolge vir hul gesondheid, ontwikkeling en lewensvooruitsigte. StopHonger ondersteun Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojekte en is 'n sterk stem teen hongersnood onder kinders in Suid-Afrika.

Waarom dit saak maak

Honger hou kinders terug – fisiek, intellektueel en emosioneel. Deur honger onder kinders te bekamp, help ons om sterker, gesonder en hoopvoller gemeenskappe te bou.

HOE HELP ONS

  • Voedingskema: Meer as 8 000 kleuters ontvang daagliks 'n voedsame maaltyd danksy koopbewyse wat aan kleuterskole verskaf word.
  • Samewerking: Ons werk saam met projekte soos Kosblikkie en HelpJag om hulpbronne te kombineer en 'n groter impak te maak.

ONS INVLOED en statistieke

Solidariteit Helpende Hand se navorsing wys hoe dringend die behoefte is.

  • 85% van onderwysers by behoeftige kleuterskole sê kinders kom ná naweke honger by die skool aan.
  • 35% van kleuters kom gereeld honger skool toe.
  • 31% van kinders sê self hulle kry nie saans kos nie.
  • Meer as 40% van betrokke kleuterskole kan slegs een maaltyd per dag voorsien.
  • Kleuters wat nie deel is van die voedingsprogram nie, verloor tot 8% van hul liggaamsmassa oor vakansies.

Raak betrokke

Help ons om die stryd teen kinderhonger te wen.

  • Maak 'n skenking aan StopHonger. Met so min as R20 kan Helpende Hand 'n bord kos aan 'n kind voorsien.
  • Sluit aan by ons netwerk, deel ons boodskap en ondersteun bewusmakingsveldtogte.

Kontak ons

Danelle du Plessis

Projekorganiseerder

[email protected]