Breinaald-projek

Breinaald-projek

Die Breinaald-projek – ’n Handewerk van Hoop

Brei en hekel is deel van ons Afrikaanse kultuurerfenis – iets wat van geslag tot geslag oorgedra word. Baie van ons het grootgeword in huise waar ’n ouma of tannie altyd besig was met ’n trui, serp of kombers. By Solidariteit Helpende Hand bou ons voort op hierdie nalatenskap deur dit in diens van gemeenskapsontwikkeling te stel.

Die Breinaald-projek is ’n inisiatief deur die gemeenskap, vir die gemeenskap. Verskeie breigroepe en individue wat ’n passie vir handewerk het, skenk jaarliks honderde handgemaakte items – van mussies en serpe tot truie en komberse. Hierdie geskenke word met sorg versprei aan mense in nood in verskillende gemeenskappe regoor die land.

Benewens hierdie algemene ondersteuning, sluit die projek ook spesifieke projekte in – soos die vervaardiging van sagte borsprosteses vir vroue wat met borskanker saamleef.

Sluit aan en maak ’n verskil

Of jy graag brei of hekel, of eerder wol wil skenk – jou bydrae kan ’n tasbare verskil maak. Kom deel jou gawes en word deel van ’n groter storie van hoop.

Pretoria Mariana Kriel | [email protected] | 084 952 5837
Pretoria-Oos Tania Hoon | [email protected] | 082 851 4684
Groter Centurion Liani Louw | [email protected] | 079 506 4078
Oos-Rand Mariolette Vorster | [email protected] | 067 871 0135
Wes-Rand & Vaaldriehoek Mariëtte van de Werken | [email protected] | 071 548 8013
Mpumalanga & KZN-Noord Annemarie v Heerden | [email protected] | 082 829 2546
Michael Smith | [email protected] | 061 156 3602
Zoë Kemp ASO-Mpumalanga & KZN-Noord | [email protected] | 076 420 3640
Limpopo Carol Ankiewicz | [email protected] | 062 560 4300
Platinum Desiree Oosthuysen | [email protected] | 066 203 7593
Vrystaat Kobus Venter | [email protected] | 079 488 1964
Ju-Mari Kruger | [email protected] | 082 412 5470
Marli Buys ASO Vrystaat | [email protected] | 082 977 3614
Noordwes Suzanne de Swardt | [email protected] | 066 203 7593
Noord-Kaap Kerike du Plessis | [email protected] | 082 557 6529
Bo-Karoo Kobus Venter | [email protected] | 079 488 1964
Wes-Kaap Alisha de Lange | [email protected] | 082 923 1438
Mariëtte Roos | [email protected] | 082 493 0763
Marlise Labuschagne | [email protected] | 071 390 7766
Lize Theron | [email protected] | 082 895 8643
Oos-Kaap & KZN-Suid Marléne Basson | [email protected] | 083 501 3166
Vroetelmou_Infographic