Die Solidariteit Helpende Hand-kultuur:

Ons Werkbeginsels

Werkbeginsel (Ons werk …)

'n Helpende Hand-personeellid is iemand wat …

Met 'n wil om te help

  • Tyd opoffer
  • Netwerke mobiliseer
  • Proaktief betrokke raak
  • Mense in moeilike tye ondersteun
  • Oplossings voorstel

Waar elkeen sy blokkie inkleur

  • Selfstandig werk
  • Meer doen as wat verwag word
  • Verantwoordelikhede aanvaar
  • Wil saamwerk
  • Doelgerig en betroubaar is

Deur die hele pakkie van die mens in ag te neem

  • Verhoudings buite hul posbeskrywing bou
  • Ander se volle konteks probeer verstaan
  • Maatskaplike hulp holisties benader
  • Familie en ondersteuning integreer

Deur volhoubare strukture

  • Strukture verstaan en eerbiedig
  • Professioneel en verantwoordelik optree
  • Uitbetalings verantwoordelik bestuur
  • Langtermyn-oplossings bo korttermyn-verligting kies
  • Deurdagte veranderinge implementeer
  • Buigsaam bly wanneer nodig

Waar ons rande rek waar ons kan

  • Elke uitgawe deurdink
  • Slim besluite neem oor hulpbronne
  • Samewerking bo individuele aankope kies
  • Verantwoordelik rekenskap gee

Met prosesse wat ons werk belyn

  • Volgens riglyne werk
  • Inligting beskerm en akkuraat hou
  • Administrasie doeltreffend hanteer
  • Prosesse optimaliseer

In Afrikaans

  • Afrikaans as werkstaal omarm
  • Die Afrikaanse kultuur vier
  • Die volgende geslag bemagtig
  • Afrikaans beskerm en versterk