Ons Werkbeginsels
Solidariteit Helpende Hand se werk spruit uit ‘n diepgewortelde begeerte om ‘n verskil te maak. In ‘n wêreld waar uitdagings kompleks en hulpbronne beperk is, glo ons dat elkeen van ons geroep is om daar waar ons is ‘n impak te maak. Hierdie wil om te help beteken dat ons gereeld meer doen as wat van ons verwag word – nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil.
‘n Helpende Hand-personeellid is iemand wat …
Tyd opoffer
Wanneer ‘n kollega of gemeenskapslid ondersteuning nodig het, is ons gereed om ons persoonlike tyd en kapasiteit in te span – of dit nou ‘n telefoonoproep is of om gou te help met ‘n projek wat druk. Ons verstaan dat nie alle probleme tussen 08:00 en 16:00 opgelos kan word nie.
Netwerke mobiliseer
Ons weet ons kan nie self in elke behoefte voorsien nie, daarom maak ons graag gebruik van ons uitgebreide netwerke. As ons nie direk kan help nie, verwys ons na iemand wat kan – want om mense met mekaar te verbind, is ook deel van help.
Proaktief betrokke raak
Ons wag nie vir mense om hulp te vra nie, maar neem inisiatief om te identifiseer waar daar behoeftes is en raak betrokke voordat die situasie eskaleer. Ons fokus op opleiding en ontwikkeling eerder as verligting.
Mense in moeilike tye ondersteun
Ons verstaan dat werk en lewe verweef is, en daarom bied ons graag ‘n helpende hand as ‘n spanlid onder druk is. Almal het soms ekstra ondersteuning nodig, en daarvoor steek kollegas hand op sonder om te huiwer.
Oplossings voorstel
Wanneer uitdagings opduik, is ons geneig om oplossings voor te stel eerder as om probleme bloot te rapporteer. Dit wys dat ons nie net toeskouers is nie, maar aktief betrokke in die bou van sterker gemeenskappe en spanne.
Selfstandig werk
Meer doen as wat verwag word
Verantwoordelikhede aanvaar
Wil saamwerk
Doelgerig en betroubaar is
Strukture verstaan en eerbiedig
Professioneel en verantwoordelik optree
Uitbetalings verantwoordelik bestuur
Langtermyn-oplossings bo korttermyn-verligting kies
Deurdagte veranderinge implementeer
Buigsaam bly wanneer nodig
Afrikaans as werkstaal omarm
Die Afrikaanse kultuur vier
Die volgende geslag bemagtig
Afrikaans beskerm en versterk