JOU HUIS IS HIER

Deur hande te vat met die handelsmerk, Boerboel, en die musikante, JAN JAN JAN, wil ons saam ’n verskil maak en welstand verseker.

MEER OOR JOU HUIS IS HIER

Solidariteit Helpende Hand is deur die handelsmerk, Boerboel, genader om ’n inisiatief van stapel te stuur wat diepte aan die Boerboel-handelsmerk sal bring en terselfdertyd ook vir ’n goeie doel sal staan. Dit sal vir hul teikenmark en Helpende Hand-ondersteuners iets bied wat meer patrioties en ernstig is, om sodoende ’n gevoel van behoort, vryheid, selfdoen en gemeenskapskrag te beklemtoon.

Helpende Hand is graag betrokke by die enkelsnit, Die RSA is in my DNA, van JAN JAN JAN omrede óns boodskap by Helpende Hand en die boodskap van dié lied duidelik oordra dat jy hier hoort en dat jou huis hier is. Dít is die belangrikste boodskap van hierdie lied.

Uitbreiding van die projek

By Helpende Hand glo ons ook in die konsep van selfdoen en volg ons dus dié voorbeeld regdeur die Solidariteit Beweging met die hutsmerk, #OnsSalSelf. Die pad na selfbestuur word in al die instansies se visie en missie binne die Solidariteit Beweging opgesom. Die waardes van God eerste, vir die gemeenskap vanuit die gemeenskap en onafhanklikheid van die staat streef ons na in ons alledaagse roeping en ons voortbestaan.

Dit is vir ons belangrik om na die holistiese welstand van die mens te kyk en dus poog ons om na fisiese, geestelike, kulturele en sosio-emosionele welstand van die mens om te sien en dit te bevorder.

Word deel van ons #OnsSalSelf-doel en help ons om 'n verskil te maak.

RSA in my DNA Logo-03
Boerboel Vertical Logo-01
youtube-video-thumbnail
youtube-video-thumbnail