Braaf die Boerboel strokiesprent

Is dit ʼn voël? Is dit ʼn vliegtuig? Nee, dit is Braaf die Boerboel.

Braaf die Boerboel is ʼn splinternuwe hondeheld met skouermantel en al.

Hy is soos Superman, maar in kakie geklee.
Die Afrikaanse groep JAN JAN JAN het reeds oor hom begin sing in hul liedjie “Braaf soos ʼn Boerboel”, en nou gaan Braaf self uiteindelik sy buiging maak in ’n eksklusiewe strokiesprent.
Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is Solidariteit Helpende Hand se held wat na kinders se welstand en toekoms omsien.

Die reeks van tien hoofstukke is geskryf deur Elana Barker, befaamde skrywer van raakvat rubrieke oor ouerskap. Die illustrasies is gedoen deur Lezinka de Meyer van Muse Creative Lab.

“Helpende Hand het besluit om stories te skryf oor Braaf die boerboel se dapperheid! Ons het dit vasgevang in ʼn reeks wat ouers vir hul kinders kan lees of wat kinders self vir mekaar kan lees. Ons wou graag die idee van die destydse Heksie en Bollie weer aan ons kinders bied,” sê René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Helpende Hand.

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Gaan lees gerus die reeks van 10 stories, een per maand, op jou foon.

Braaf die Boerboel veg vir Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek wat jaarliks ’n skooltassie vol skryfbehoeftes in behoeftige graadeentjies se hand sit. Helpende Hand doen ʼn beroep op die publiek om met ons hande te vat en te verseker dat ons volgende jaar minstens 2 000 tassies landswyd kan versprei. Gee ʼn tassie vir ʼn behoeftige graadeentjie en help om ’n verskil te maak. Besoek www.tassie.co.za om ʼn skenking te maak of gaan koop vir jou en jou kinders elkeen ’n Braaf-T-hemp by www.boerboelwear.co.za.

Die stories het die volgende temas:

  1. Braaf die boerboel – Die eerste skooldag
  2. Braaf die boerboel – Dis braaf om te deel
  3. Braaf die boerboel – Dis braaf om te probeer
  4. Braaf die boerboel – Dis braaf om jou sê te sê
  5. Braaf die boerboel – Dis braaf om vas te byt
  6. Braaf die boerboel – Dis braaf om slegte geheime te vertel
  7. Braaf die boerboel – Dis braaf om iemand te help
  8. Braaf die boerboel – Dis braaf om nie verkeerde dinge te doen nie
  9. Braaf die boerboel – Dis braaf om vrae te vra
  10. Braaf die boerboel – Dis braaf om te erken dat jy ’n fout gemaak het
Braaf

Braaf die Boerboel storie 1 - Die eerste skooldag

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 2 - Dit is braaf om te deel

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 3 - Dit is braaf om te probeer

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 4 - Dit is braaf om jou sê te sê

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 5 - Dit is braaf om vas te byt

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 6 - Dit is braaf om slegte geheime te vertel

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 7 - Dit is braaf om iemand te help

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 8 - Dit is braaf om nie die verkeerde dinge te doen wat maats doen nie

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 9 - Dit is braaf om vrae te vra

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”

Braaf

Braaf die Boerboel storie 10 - Dit is braaf om te erken dat...