BnKMobile

Bemagtig 'n Kind

Ons nou jou uit om deel te word van hierdie inisiatief. Om saam ons hoop te skep vir ons kinders.

Kinders is 'n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net 'n klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle 'n brug te bou na beter omstandighede, byvoorbeeld koshuisgeld, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig of terapie.

'n Klein bydrae kan 'n reuseverskil in 'n kind se lewe maak. Met die Bemagtig 'n kind-projek, 'n gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in 'n nuwe rigting te stuur.

Kinders is 'n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net 'n klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle 'n brug te bou na beter omstandighede.

'n Klein bydrae kan 'n reuseverskil in 'n kind se lewe maak. Met die inisiatief word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in 'n nuwe rigting te stuur.

Elke maand is daar artikel van die projek op Maroela Media

Die projek het aansienlik gegroei oor die afgelope 2 jaar en meer as 80 leerders word bygestaan

FUNKSIES

_5293_Lamb Champs_e-kaart_webblad_Reitz-01
Picture1

SPIT, SKUD EN DANS 2024

Hou dié spasie dop vir die datum!

 

Die Bemagtig 'n Kind-inisiatief voorsien in 'n wye spektrum behoeftes van kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolleerders, insluitend die volgende:

  • Ekstra klasse
  • Naskoolgelde
  • Terapie (spel-, spraak- en arbeidsterapie)
  • Vervoer na en vanaf die skool
  • Koshuisgelde

*Skoolgelde word nie ingereken nie, omdat gesinne kan aansoek doen vir kwytskelding van skoolfonds indien hulle nie dit kan bybring nie

In 2023 het die Ons Sentrum ook deel geraak van Bemagtig 'n Kind. Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum bied terapie aan kinders wat trauma soos emosionele, fisiese of seksuele mishandeling, verwaarlosing, die dood van 'n geliefde, egskeiding, aanhoudende konflik tussen ouers, gesinsgeweld, afknouery en gedragsuitdagings beleef het. Ons primêre begunstigdes is kinders en gesinne wat hierdie dienste nie elders kan bekostig nie.

Dit lê ons op die hart om dié kinders te help om hulle trauma te verwerk sodat hulle beter kan konsentreer op skool en hulle potensiaal kan verwesenlik. Die Ons Sentrum word gesubsidieer uit die Bemagtig 'n Kind-fonds. Die meeste ouers kan glad nie betaal vir die dienste wat die Ons Sentrum lewer nie, en 'n paar kan slegs 'n klein bedraggie bekostig.

Maroela Media is jou Afrikaanse kuierplek op die internet, met gebalanseerde, betroubare nuus, en allerlei ander inhoud en lekkertes, alles in Afrikaans. Besoek maroelamedia.co.za vir al die jongste stories. Maroela Media is met trots deel van die Bemagtig ʼn Kind-inisiatief saam met Helpende Hand. Saam kan ons ʼn behoeftige kind se lewe verander.

ARTIKELS

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks-320x240

'n Ma se plan vir haar kind

Sy groot lyf en sterk hande laat hom veel ouer lyk as die 17-jarige skoolseun wat hy eintlik is...

vrou-alleen-bankie-pixabay-320x213

Bemagtig 'n kind: So word daar gehelp

Ons leef in 'n tyd waarin die sosiale en ekonomiese uitdagings al hoe groter word en soms voel dit asof die klein bietjie wat jy wel kan bydrae net...

sonneblom-veld-bemagtig-n-kind-gilles-seguin-320x213

Gemeenskap help 145 kinders brug bou na beter toekoms

Vir die afgelope sewe jaar kry ek die beste opdrag ooit, en dit is om 'n opsomming te maak van alles waarvoor ons as instelling wil dankie sê.

seun-skooltas-pixabay-bemagtig-n-kind-320x480

Om vir oulaas te mag dans

Sy tienerjarige lyfie lyk skielik weerloos toe ek na hom kyk. Die eens brawe seun mag nou maar oorgee en hoef nie meer sterk te wees nie.

lamb-champs-theo2-320x240

Met Lamb Champs gee Saai terug aan gemeenskap se kinders

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) se Lamb Champs het Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig-'n-kind-projek gekies as hul liefdadigheidsprojek.

jordan-whitt-sobxgw6kfiq-unsplash-320x214

Ek sien jou raak

Ek sien jou, ek sien jou raak, ek sien jou seer en jou glimlag tussendeur die twyfel en wanhoop. Ek sien jou kleine-hartjie raak.

jason-davel-wenner-van-lamb-champs-2024-en-jacques-du-preez-uitvoerende-hoof-van-provantage-group-002-320x247

Lamb Champs gee terug aan gemeenskap

Binnekort gaan die braaivleisvure behoorlik opvlam, en hierdie keer is dit die Vrystaat se beurt.

stuffed-animal-6083857-1920-320x180

Terapiesentrum bring hoop vir tienertrauma

Dit is 'n donker dag vir Karla en vir 'n derde keer probeer sy haar eie lewe neem. Sy is slegs 15 jaar oud, maar vir Karla het die lewe lankal reeds sy waarde verloor.

lamb-champs-320x213

Lamb Champs en SAAI ‘Bemagtig ʼn kind’!

Die Bemagtig 'n kind-projek het groot voorreg om deur Lamb Champs en SAAI ondersteun te word. Hierdie instansies het Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig 'n kind-projek gekies as hul liefdadigheidsprojek.

brug-kind-hh-pixabay-stocksnap-320x213

ʼn Monument vir ons kinders

Ons het onlangs 'n baie spesiale funksie gehad - 'n klein samekoms van omtrent so 25 mense. Hierdie mense het almal help bou aan die Bemagtig 'n kind-monument.

finess-fliekaand-foto-verskaf-320x213

Fliek in pajamas vir goeie doel

Daar is niks so lekker soos 'n lekker fliekaand nie. Nog beter is 'n fliekaand sommer in jou pajamas saam met jou ma, sussies en vriendinne.

kinders-bemagtig-kind-ben-kerck-pixabay-320x213

Terapie: Vangnet vir ʼn kind se emosies

Ons weet dat dit vir 'n kind die heel lekkerste is om net te speel en sommer net pret te hê. Kinders geniet dit om met maats te speel en dit is hoe dit moet wees.

jesus-rodriguez-ncwnzead7fs-unsplash-320x197

ʼn Storie van hoop

As maatskaplike werker kry ek daagliks te doen met die beproewinge van mense en staan ek voor stories oor pyn, hartseer, verlies, onsekerheid en mense wat hopeloos sonder enige oplossing voor uitdagings staan.

huiswerk-frustrasie-leer-skootrekenaar-320x213

Die 40/40-beginsel: ’n Transformasie van liefde en sorg vir ons kinders

Leer ons nog ons kinders wat dit is om deursettingsvermoë te hê? Of is jy jou kinders se struikelblok as gevolg van jou leefstyl. Begin jy iets en maak dit nooit klaar nie?

sonlig-en-sonneblomme-320x213

Sonneblomkind

Met die aanbreek van die nuwe jaar het ek vol hoop weggespring. Noudat ek uit die blokke is, vra ek die Here dat Hy my sal lei deur die hoogte- en laagtepunte wat in die jaar voorlê.