BEMAGTIG 'N KIND

BOU 'N BRUGFONDS NA HOOP

BRUGFONDS Logo

By Bemagtig 'n Kind bou ons doelbewus 'n brug wat kinders help om oor te steek van uitdagende omstandighede na 'n toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede.

Ons glo alle kinders verdien 'n regverdige kans om hul volle potensiaal te bereik. Met jou hulp kan ons 'n kind help om daardie brug oor te steek.

MEER OOR BEMAGTIG 'N KIND

Bemagtig 'n Kind is 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media.

Hierdie projek is geskep om kinders in nood te ondersteun met 'n toegewyde Brugfonds wat praktiese, doelgerigte hulp bied waar dit die nodigste is.

Ons help kinders wat in moeilike omstandighede grootword met onder andere:

  • gespesialiseerde terapie;
  • ekstra en remediërende klasse;
  • naskoolsorg;
  • vervoer na en van die skool; en
  • koshuisverblyf.

Ons doel: Help 'n kind vandag, bou 'n sterker gemeenskap vir môre.

ONS BRUGFONDS IN AKSIE

Die Brugfonds maak dit moontlik om kinders te ondersteun wat andersins nie sou toegang hê tot noodsaaklike hulp nie.

HOE HELP ONS 'N KIND

Die Brugfonds voorsien in belangrike behoeftes van leerders in kleuterskole, laerskole en hoërskole:

BRUGFONDS WIREFRAME_icons

Let wel: Skoolgelde word nie ingesluit nie aangesien gesinne kan aansoek doen om kwytskelding.

ONS INVLOED

Danksy die Brugfonds:

  • ontvang meer as 80 kinders reeds maandelikse ondersteuning;
  • kry kinders toegang tot terapie wat emosionele herstel en beter akademiese fokus bevorder; en
  • word gemeenskappe bewus gemaak van kinders se unieke behoeftes en potensiaal.

Kinders se identiteit word te alle tye beskerm.

HELP 'N KIND: ONTMOET JAN EN HANNA

Jan - 12 jaar

Jan is 'n seun met groot potensiaal en 'n sterk begeerte om te leer. Ten spyte van uitdagende omstandighede glo ons dat hy met die regte ondersteuning uit die Brugfonds 'n toekoms vol hoop en stabiliteit kan bou.

Met jou ondersteuning kan ons 'n brug bou tussen waar Jan vandag is … en waar hy môre kan wees.

HANNA - 14 jaar

Hanna is 'n dogter met 'n sagte persoonlikheid en 'n aansteeklike glimlag. Sy is lief vir kuns en teken graag mense en diere. Maar 'n onstabiele omgewing tuis bring onsekerheid in haar lewe.

Met hulp uit die Brugfonds kan ons 'n veilige brug bou tussen haar huidige omstandighede … en haar drome. Help ons om Hanna in 'n koshuis te plaas met struktuur, stabiliteit, drie etes per dag en 'n warm bed.

JOU BYDRAE BOU 'N BRUG VIR ONS KINDERS.

Wanneer jy bydra tot die Brugfonds, help jy 'n kind onder andere om:

  • elke dag skool toe te gaan;
  • veilig te woon;
  • gereelde terapie te ontvang; en
  • emosioneel en akademies te groei.

Jy bied nie net finansiële hulp nie – jy help om 'n brug te bou na 'n beter toekoms.

Raak betrokke – Help 'n Kind vandag

  • Dra finansieel by tot die Brugfonds en kwalifiseer vir 'n artikel 18A-belastingsertifikaat.
  • Volg die projek se maandelikse artikels op maroelamedia.co.za

Saam met Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media kan ons kinders van nood na hoop help beweeg.

Help 'n kind. Bou 'n brug. Verander 'n lewe.

Maroela Media is jou Afrikaanse kuierplek op die internet, met gebalanseerde, betroubare nuus, en allerlei ander inhoud en lekkertes, alles in Afrikaans. Besoek maroelamedia.co.za vir al die jongste stories. Maroela Media is met trots deel van die Bemagtig ʼn Kind-inisiatief saam met Helpende Hand. Saam kan ons ʼn behoeftige kind se lewe verander.

ARTIKELS

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks-320x240

'n Ma se plan vir haar kind

Sy groot lyf en sterk hande laat hom veel ouer lyk as die 17-jarige skoolseun wat hy eintlik is...

vrou-alleen-bankie-pixabay-320x213

Bemagtig 'n kind: So word daar gehelp

Ons leef in 'n tyd waarin die sosiale en ekonomiese uitdagings al hoe groter word en soms voel dit asof die klein bietjie wat jy wel kan bydrae net...

sukses-lewe-berg-diego-gennaro-jnb0yiiiaqc-unsplash-320x214

Bemagtig 'n kind: Bou brûe na 'n beter toekoms

Ek droom van boeke, reëls en leer, 'n skool waar ek my toekoms eer. Ek sien 'n koshuis, warm en stil, 'n plek waar ek my drome vul.

Kontak ons

Chandré Oosthuizen

Projekorganiseerder

chandre@helpendehand.co.za