Maroela media berigte
Om maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling in gemeenskappe te bevorder deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning, sodat die mens deur sy gemeenskap tot ’n ontwikkelde, selfstandige, selfverantwoordelike en optimale funksionerende persoon gedryf word, wat gesonde, funksionerende gemeenskappe tot gevolg het.
Lees meerWaarskuwing: Slenters raak al slimmer
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Solidariteit Helpende Hand waarsku die publiek om uiters waaksaam te wees vir slenters waarmee skelms hulself valslik voordoen as verteenwoordigers van betroubare instansies. Dit sluit welsynsorganisasies, banke, selfoonmaatskappye, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en selfs staatsinstansies in. René Roux, hoof van kommunikasie en woordvoerder van Helpende Hand, sê met…
Lees meerImpak van werkverlies op gemeenskappe ’n donker werklikheid met ’n straaltjie hoop
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Die onlangse statistiek van Statistieke Suid-Afrika oor werksverliese in die formele, nie-landbou sektor bring kommerwekkende nuus. In die tydperk van Maart 2024 tot Maart 2025 het Suid-Afrika 95 000 werksgeleenthede verloor. Hierdie verliese dui nie net op ’n brose arbeidsmark nie, maar wys op ’n toenemende maatskaplike kwesbaarheid in…
Lees meerLiewe Leser
In my laerskooldae het ons nie selfone gehad nie. Tydens pouses het ons op ons verbeelding staatgemaak en aan vele speletjies soos rekspring, wegkruipertjie en albasters deelgeneem. In die klas was ons besonder kreatief. Ons het selfs by mekaar geleer hoe om papiervliegtuie en waarsêers te vou. Wanneer die klas stil is en ons almal…
Lees meerLiewe Leser
Ons leef in ‘n wêreld waar onsekerheid, onreg en bekommernis soos ‘n swaar kombers oor ons daaglikse lewe lê. Ons hoor dit in die stemme van jongmense wat ophou vrae vra en sien dit in die oë van moeders, in die moegheid van die gemeenskap wat al so baie moes verdra. Ja, ons land is…
Lees meerLiewe Leser
‘n Paar weke terug ontvang ons ‘n e-pos van ‘n bejaarde wat my brief gelees het en laat weet het dat hy op die ouderdom van 83 jaar steeds nie iets in die lewe bereik het nie. My moed het in my skoene gesak, want ons almal is arm aan iets. Dikwels besef ons nie…
Lees meerLiewe Leser
Een van my gunstelingherinneringe aan my kinderdae is die slaaptydstories wat my pa vir my en my broer en suster net voor Boekevat en slapenstyd gelees het. Kinders het oor die algemeen baie energie, en meer as een kind kan dinge nogal uitdagend maak as al die kinders nie ewe moeg is nie. In ons…
Lees meerLiewe Leser
Wanneer ek aan my kinderdae dink, ruik ek vars gebakte brood in ‘n warm kombuis en voel my ma se sagte hand wat my hare agter my oor invee. Ek onthou die dae toe my drome nog vry en ongebroke was. Miskien onthou jy ook soms sulke dae? Miskien het jy ook kaalvoet in die…
Lees meerLiewe Leser
Op die plaas sien ons soggens heelwat spinnerakke op die gras. Deur die loop van die dag verdwyn die oggenddou en die spinnerakke stuk-stuk – so amper asof die spinnekoppe hul spinnerakke soos ’n tent afslaan en dit die volgende oggend weer opslaan om die oggenddou op ’n ander plek vas te vang. So onvoorspelbaar…
Lees meerLiewe Leser
Ek het sowat agt jaar gelede saam met ’n vrou aan ’n ontwerpprojek gewerk wat haar na aan die hart gelê het. Sy het kanker gehad en wou haar familieresepte aan die opkomende geslagte in ’n saamgestelde boek oordra. Dié boek was spesiaal, omdat ons haar lewensverhaal reg deur die boek ingewerk het met foto’s…
Lees meerLiewe Leser
Die eerste keer wat ek Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk gesien het, was in die Wes-Kaap. Ek het as ’n jong werkende in die Paarl gebly en wou iets vir my verjaardag aan die gemeenskap teruggee. ’n Kollega en mentor het voorgestel dat as ek iets vir liefdadigheid wil gee, moet ek dit vir die…
Lees meer