SKOOLTASSIE

Ons wil graad 1-leerders bemagtig om hul akademiese reis met selfvertroue en op dieselfde vlak as hul klasmaats te begin.

Projek logo's_web2025-04

MEER OOR SKOOLTASSIE

Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek voorsien sedert 2007 landswyd goed toegeruste skooltassies aan behoeftige graad 1-leerders. Vir hierdie kinders is die tassie meer as net skooltoerusting – dit is 'n teken van hoop, 'n sleutel tot gelyke kanse en die eerste tree op 'n pad met moontlikhede.

Braaf die Boerboel en Piet Tande

Goeie waardes en maniere en gesonde tande is deel van kinders se goue toekoms, daarom werk Braaf en Piet saam met Helpende Hand. Braaf die Boerboel is 'n gesamentlike projek tussen Boerboel Wear en Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Skooltassie-projek.

 

  • Borg 'n skooltassie. Ons maak staat op jou bydrae sodat kinders hul eerste skooljaar met selfvertroue kan begin.
  • Ondersteun Braaf. Help ons om die boodskap van hoop, empatie en omgee in gemeenskappe te versprei.

HOE HELP ONS

  • Toegeruste skooltassies: Elke tassie bevat die noodsaaklike skryfbehoeftes en skoolitems vir 'n suksesvolle eerste skooljaar.
  • Inspirasie en aanmoediging: Ons moedig kinders aan om hul drome te koester, geleenthede te benut en hul eie, unieke pad met moed te stap.
  • Gebed vir elke graadeentjie: 'n Spesiale gebed vergesel elke tassie om kinders geestelik te bemoedig en te herinner aan hul waarde.

ONS GEBED

Solidariteit Helpende Hand se gebed vir elke graad 1-leerder

Mag Jesus Christus elke tree van elke dag voor, langs en agter jou stap. Mag jy nederig maar met selfvertroue met jou medeleerders omgaan.

Weet dat elke dag vol geleenthede is en gryp elke geleentheid aan.

Kyk elke dag op en weet waar jou krag vandaan kom.

Help ons om 'n graadeentjie se drome te bewaarheid, een tassie op 'n slag.

Boerboel-2_Braaf

BRAAF DIE BOERBOEL

Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.

Om jou T-hemp te koop, klik HIER

Luister HIER na JAN JAN JAN se splinternuwe treffer Braaf Soos 'n Boerboel

BORGE & MEDIAVENNOTE

BIC is ‘n trotse borg van die projek.

Fraaisokkies is ‘n trotse ondersteuner van die projek. Vir elke paar sokkies wat verkoop, word ‘n bedrag aan die projek geskenk.

Met trots kondig ons aan dat die tassie se mediavennoot Pretoria-FM is

Die liniale in die tassies vir 2026 word met trots geborg deur KimoSource

Dinamika Finansiële Dienste is ‘n trotse borg van die projek.

Boerboel Wear is ‘n trotse ondersteuner van die projek.

BIC is ‘n trotse borg van die projek.

Fraaisokkies is ‘n trotse ondersteuner van die projek. Vir elke paar sokkies wat verkoop, word ‘n bedrag aan die projek geskenk.

Met trots kondig ons aan dat die tassie se mediavennoot Pretoria-FM is

Die liniale in die tassies vir 2026 word met trots geborg deur KimoSource

Dinamika Finansiële Dienste is ‘n trotse borg van die projek.

Boerboel Wear is ‘n trotse ondersteuner van die projek.

Artboard 2-50

Videos en foto's

Kontak ons

Danelle du Plessis

Projekorganiseerder

danelle@helpendehand.co.za