Meer oor ons Skooltassie-projek ...
Opvoeding en geleenthede gaan hand aan hand en daarom is dit van kardinale belang om jong leerders toe te rus met die nodige gereedskap vir hul akademiese reis. Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige graad een-leerders se hande. So stel ons hulle in staat om hul akademiese reis op gelyke voet met hulle skoolmaats te begin.
Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van 'n fisiese tassie. Deur jong leerders van kleins af te bemagtig, stel ons hulle op vir 'n pad na sukses. Omhels vandag hierdie inisiatief en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te borg.
Solidariteit Helpende Hand se gebed vir elke graad 1-leerder
Mag Jesus Christus elke tree van elke dag voor, langs en agter jou stap. Mag jy nederig maar met selfvertroue met jou medeleerders omgaan.
Weet dat elke dag vol geleenthede is en gryp elke geleentheid aan.
Kyk elke dag op en weet waar jou krag vandaan kom.
Die Wit Rokkie boekie in die tassie vir 2025 word met trots geborg deur LIG in Duisternis
Met trots kondig ons aan dat die tassie se mediavennoot Pretoria-FM is
Die liniale in die tassies vir 2025 word met trots geborg deur KimoSource
Braaf die Boerboel
‘n Inisiatief van Boerboel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Skooltassie-projek
Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held. Hy is soos Super Man, maar in kakie geklee. Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien.
Helpende Hand, Boerboel Wear en Lekker Luister het pas die Braaf-projek bekend gemaak waarin Braaf die hoofrol speel.
Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.
![Boerboel-2_Braaf Boerboel-2_Braaf](https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2023/08/Boerboel-2_Braaf.jpeg)
Ondersteun die inisiatief!
Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.
Om jou T-hemp te koop, klik op 'n T-hemp van jou keuse.
Luister na JAN JAN JAN se splinternuwe treffer Braaf Soos 'n Boerboel
![youtube-video-thumbnail](https://i.ytimg.com/vi/QimL_jpWNuY/maxresdefault.jpg)
![Artboard 2-50 Artboard 2-50](https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2023/10/Artboard-2-50.jpg)
![Boerboel-Vertical-Logo-01-1 Boerboel-Vertical-Logo-01-1](https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2023/08/Boerboel-Vertical-Logo-01-1.webp)