DROOMROKKE

Om vroue en meisies te ondersteun deur bekostigbare toegang te bied tot pragtige rokke, wat andersins buite hul bereik sou wees, en so selfvertroue en waardigheid te bevorder.

Artboard 10

MEER OOR DROOMROKKE

Die Droomrokke-projek, geloods in 2020 deur Solidariteit Helpende Hand se FroueVonds en Ons Winkels, help meisies en vroue om spesiale geleenthede soos troues en matriekafskeide onvergeetlik te maak. In samewerking met die geliefde sangeres Demi Lee Moore, wat in 2019 haar eie rokke aan die projek geskenk het, bied hierdie projek ’n kans vir dames om selfversekerd en spesiaal te voel, ongeag hul finansiële omstandighede.

SKENK AAN ONS WINKELS

Jou geskenkte rokke of manspakke maak meer as net 'n verskil – dit skep 'n toekoms. Elke skenking dra by tot:

  • Studiefondse vir kinders wat andersins nie sou kon studeer nie.
  • Maatskaplike hulp vir gemeenskappe in nood.
  • Selfvertroue en vreugde vir meisies en vroue wat deelneem aan hul droomgeleenthede.

HOE HELP ONS

  1. Rokke beskikbaar stel:
    • Trourokke, matriekafskeidrokke, aandrokke en dineerrokke word geskenk aan Ons Winkels regoor Suid-Afrika en teen minimale pryse verhuur aan vroue en meisies in nood.
  2. Skenkings en hergebruik:
    • Items soos manspakke en rokke word geskenk, verkoop of verhuur, en die wins word gebruik vir studiefondse en maatskaplike hulp in gemeenskappe.
  3. Werkskepping:
    • Die Ons Winkels dien as werkskeppingsgeleenthede en ondersteun plaaslike ekonomieë deur inkomste te genereer vir gemeenskapsprojekte.

Maak ’n verskil deur jou rokke, manspakke of finansiële ondersteuning te skenk aan Ons Winkels en help om drome waar te maak.