Katarakchirurgie

Daar is 'n reuse-aanvraag na katarakchirurgie vir ouer persone en met dié projek poog ons om jaarliks 40 behoeftige ouer persone van 'n gratis katarakverwydering te voorsien.

Helpende Hand het 'n vennootskap gesluit met dr. Allison, die hoof van Vision 2020 by die Universiteit van Pretoria, om katarakte vir behoeftige bejaardes teen 'n fraksie van die normale koste te verwyder. Terselfdertyd gebruik Vision 2020 die operasies as 'n geleentheid om studente op te lei.

 

Waar klop ek aan?

Vir meer inligting of om in aanmerking te kom vir die chirurgie, stuur gerus 'n e-pos na [email protected]