Katarakchirurgie

Ons wil jaarliks 40 behoeftige bejaardes help met katarakverwydering. Ons doen dit met die hulp van ons vennoot Vision 20/20, die Universiteit van Pretoria se oogkliniek.

MEER OOR KATARAKCHIRURGIE

Die Katarakchirurgie-projek bied gratis katarakverwydering aan behoeftige ouer persone en verbeter hul lewenskwaliteit deur beter sig. Hierdie inisiatief maak dit moontlik vir ouer persone om weer onafhanklik en met waardigheid te leef.

Hoe ons help

  • Katarakverwydering: Bejaardes ontvang katarakchirurgie teen 'n fraksie van die normale koste, of waar nodig gratis.
  • Opleiding: Vision 20/20 gebruik die operasies as 'n platform om mediese studente op te lei. Dit vergroot die impak van hierdie projek verder.

Stuur 'n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za vir meer inligting of om aansoek te doen vir hierdie diens.

Ondersteun die Katarakchirurgie-projek en help ons om ouer persone se sig en lewensgehalte te verbeter.