Opleiding
Ons is oortuig daarvan dat basiese opleiding en ontwikkeling aan individue binne hul gemeenskappe gebied moet word, tot opbou en ontwikkeling van die gemeenskap as geheel. Hierdie basiese opleiding en ontwikkeling is nodig om mense te bemagtig. Indien ’n persoon bemagtig of tot wilsbeweging gebring kan word, kan die persoon meer suksesvol begelei word om oplossings vir hul huidige uitdagende lewensituasies te vind. Ons is oortuig dat opleiding en ontwikkeling van die mens die belangrikste sleutel tot volhoubaarheid en selfstandigheid is. Dit is die wyse waarop gesonde gemeenskappe geskep word, waar gemeenskapslede met geleenthede en hoop toegerus kan word, waar selfversorging ’n werklikheid gemaak kan word en waar werksekerheid bevorder kan word.
Verder glo ons aan ’n saamwerkende benadering, deur die opbou van netwerkvennote, wat ten doel het om ’n netwerk van dienste te skep en te bevorder. Organisasies moet saamspan met ander wat hulle doelwitte en oogmerke deel.
Daarom vat Solidariteit Helpende Hand hande met verskillende netwerkvennote ook om opleidingsgeleenthede vir ons belangegroepe moontlik te maak.
Ons vat hande met:
- Serwalo opleidingsakademie om gedeeltelike beurslenings vir studente moontlik te maak in haarkappery.
- Imbalie Beauty skoonheidsakademie om opleiding in n verskeidenheid skoonheidskursusse moontlik te maak.
- Susca Watts akademie om kursusse in besigheidsadministrasie vir studente moontlik te maak.
- Guvon akademie om kursusse in die gasvryheidsbedryf beskikbaar te stel aan studente.
Gratia Via om versorgingopleiding vir studente moontlik te maak. So word ‘n behoefte ook in ons gemeenskappe aangespreek deur betroubare en bekwame versorgers beskikbaar te stel aan ons bejaardes, kinders, en so meer.