PIET TANDE

Ons wil ouers en skole, veral in minder gegoede woongebiede, bewus maak van die belangrikheid van mondhigiëne en gesonde leefgewoontes.

Projek logo's_web2025-07

MEER OOR PIET TANDE

Piet Tande is 'n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat fokus op kleuters se mondhigiëne, die impak van voeding op tande se gesondheid, en die belangrikheid van opvoeding en bewusmaking. Die projek werk hand aan hand met die Kosblikkie-projek om wanvoeding te verlig en gesonde gewoontes vir die versorging van tande by kleuters te vestig.

Waarom dit saak maak

Swak mondhigiëne lei tot pyn, swak konsentrasie en siektes. Wanneer kinders se tande gesond is, is hul selfvertroue en leervermoë beter. Hierdie projek wys dat goeie mondhigiëne nie net 'n privaat saak is nie, maar 'n gemeenskap se verantwoordelikheid.

HOE HELP ONS

  • Navorsing – Helpende Hand het reeds twee studies onderneem om ouers se kennis oor mondhigiëne en die toestand van kleuters se tande te ondersoek.
  • Bewusmaking – Helpende Hand versprei praktiese kennis oor kwessies soos vlekkies op tande, slegte asem, tandeborselgewoontes en dieet.
  • Samewerking – Die projek ondersteun die Kosblikkie-projek deur gesonde voeding aan tandgesondheid te koppel.

ONS NAVORSING

  • 46% van kinders het bruin vlekke op hul tande weens swak mondhigiëne.
  • 50% van ouers weet nie dat melk of tee voor slaaptyd skadelik is vir tande nie.
  • 58% van ouers weet nie dat 'n melktand met 'n gaatjie gestop moet word nie.
  • Slegs 27% van kinders het al ooit 'n tandarts besoek.

Sluit aan

  • Deel kennis – Versprei ons tandeborselskedule en praat met ouers en kinders oor gesonde gewoontes.
  • Ondersteun die Kosblikkie-projek – Voeding speel 'n sleutelrol in tandgesondheid. Jou bydrae help op meer as een manier.
  • Help 'n kleuterskool – Stel opvoeders en versorgers in staat om die regte boodskap te deel.

Kontak ons

Danelle du Plessis

Projekorganiseerder

[email protected]

youtube-video-thumbnail