Asset 1

Waaroor gaan Piet Tande?

Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder.

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. #StopHonger saam met die Kosblikkie-projek is daarop gefokus om te sorg dat hierdie kleuters daagliks ʼn voedsame bord kos ontvang.

Die hooffokus van die projek is om te verseker dat behoeftige kleuterskole met 8 000 kleuters ondersteuning ten opsigte van voeding ontvang.

Solidariteit Helpende Hand beywer hom vir die verbreking, die voorkoming en die verligting van armoede, maar ook om gebrekkige kennis die hoof te bied. Daarom het Helpende Hand ook navorsing gedoen oor die impak van wanvoeding en veral wanneer dit kom by ons kleuters se tande, tans bestaan daar ’n gebrek aan kennis.

In 2018 het ons die kleuterskole wat by die Kosblikkie-projek betrokke is genader om vas te stel wat die toestand van die kinders se mondhigiëne in die praktyk is. Die doel van ons opname was om die gevolge van slegte tande in die praktyk te ondersoek. Hierdie gevolge is onder andere: verkleuring of vlekke op nie-permanente tande; slegte asem; bloeiende tandvleis; gekraakte tande; en of tande met baie gaatjies. Ons het besluit op vlekke op tande as die kriteria vir die betrokke studie, omdat dit prakties uitvoerbaar in die gegewe tyd van die opname is.

youtube-video-thumbnail

Die opname toon die volgende:

  • 58% van ouers het nie die kennis dat ’n melktand met ’n gaatjie gestop moet word nie.
  • 46% van kinders het bruin vlekke op hulle tande omdat hulle nie tandeborsel nie.
  • 50% van ouers is nie bewus dat jy nie ’n kind met melk, of tee in die bed mag sit nie.
  • 43% van ouers is enkelouers, met slegs een inkomste in arm woongebiede, wat meer as drie kinders moet versorg.
  • 35% van ouers dui aan dat sap, neute en ander skadelike kosse goed vir kinders se tande is.
  • Slegs 27% van kinders het al ’n tandarts besoek en borsel wel twee maal per dag tande.

 

Dit is ons plig om die publiek se kennis oor mondhigiëne op te skerp. Ons kan die impak van siektetoestande en gesondheidsrisiko’s op die algehele gesondheid van ons jeug beperk deur ons skole, veral in  armer/minder gegoede woongebiede, van gesonde mondhigiëne bewus te maak.

In 2022 het Helpende Hand ʼn opname gemaak oor ouers se kennis van mondhigiëne vir kinders. Die opname toon dat daar nie ’n duidelike verskil is tussen ouers in verskillende ekonomiese klasse se kennis in dié verband nie. Alle ouers benodig kennis. Die ouers in minder gegoede buurte het dalk nie die finansies om kinders gereeld tandarts toe te neem nie, maar die kinders in die gegoede buurte se dieet is weer nie noodwendig voldoende nie. As jy kennis deel en mense bewus maak van wat goeie mondhigiëne behels, kan alle gemeenskappe daaruit voordeel trek.

Koop ‘n Piet Tande boekie

Om ‘n Piet Tande-boekie vir jou kleuter of klaskamer te bestel stuur ‘n e-pos aan [email protected] of ‘n whatsApp na 083 292 4260.Alternatiewelik vul die onderstaande vorm in.

Lees meer...

Skenk ‘n Piet Tande Boekie

Piet Tande is ’n unieke storieboek oor die tandemuis wat op ’n speelse manier die belangrikheid van mondhigiëne vir kleuters leer. Die storie agter Piet Tande ~ Gazelle Wilson Almal van ons was eens op ’n tyd jonk en naïef. Ons het in allerhande fantasiekarakters geglo soos Kersvader, die Paashaas, kabouters, dwergies en feetjies. En…

Lees meer...

Kontak ons

Margole RiekertE

Margolé Riekert (Projekorganiseerder)

Hierdie projek lê my baie na aan die hart, miskien omdat ek self ’n mamma van vier spruite is.  Ek besef elke dag hoe belangrik ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl is. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen siektes.

As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om te voorsien in hulle kinders se daaglikse behoeftes.  Daarom poog Helpende Hand met die Kosblikkie-projek om hulle hande sterk te maak en te sorg dat kleuters ten minste een maal per dag ’n voedsame bord kos geniet.