FROUEVONDS

Om vroue op te hef en te bemagtig sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik as individue, as leiers en as bouers van gesonde gesinne en gemeenskappe.

Artboard 10 copy 2

MEER OOR FROUEVONDS

Die FroueVonds is ’n nasionale projek van Solidariteit Helpende Hand wat vroue bemagtig om sterk, gesond en vol hoop hul plek in hul gesinne, werkplekke en gemeenskappe in te neem. Die projek fokus op vroue se fisiese, emosionele, kulturele en geestelike welstand met praktiese en volhoubare ondersteuning.

* Die FroueVonds se naam word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

Spesiale inisiatiewe

  • Navorsing oor vroue se welstand: Praktiese insigte om vroue se werklike uitdagings te verstaan en aan te spreek.

Vennootskappe
Die FroueVonds werk saam met instellings soos AfriForum, Akademia, Maroela Media, Sol-Tech, Voelgoed Media en vele meer om vroue in alle fasette van hul lewe te ondersteun.

HOE HELP ONS

Die FroueVonds werk saam met vennote en instellings binne die Solidariteit Beweging om volhoubare projekte te implementeer. Dit sluit in:

  • HelpHetta: Verskaf, onder meer, sanitêre doekies aan 3 600 behoeftige Afrikaanse meisies. Verder ondersteun ons meisies holisties deur fisiese, emosionele en geestelike behoeftes aan te spreek en hulle toe te rus om selfversekerd en met waardigheid hul daaglikse uitdagings aan te pak. Klik hier om te besoek.
  • Die Susanna Smit Studiefonds: Studiehulp aan behoeftige vroue en meisies sodat hulle hul opvoedkundige drome kan bereik. Klik hier om te besoek.
  • Boesemvriendinne: Om vroue wat deur borskanker geraak is, te ondersteun deur wolprosteses te brei en bewustheid oor borskanker te skep, terwyl gemeenskappe betrek word om betrokke te raak. Klik hier om te besoek.

ONS FOKUSPUNTE

  • Vroue se geloof, werk, kultuur en geskiedenis
  • Rol van vroue in gesinne, gemeenskappe, werkplekke en ekonomie.
  • Holistiese welstand van die liggaam, siel en gees
  • Opleiding, mentorskappe en netwerkgeleenthede

Word deel van die FroueVonds-beweging en help om vroue te bemagtig om hul gemeenskappe positief te beïnvloed.

youtube-video-thumbnail

ARTIKELS

FroueVonds navorsing

HELPHETTA-PROJEK; MEER AS NET FISIESE ONDERSTEUNING Hetta is ‘n doodnormale 13 jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die Gr. 8 Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14 hokkiespan van die Hoërskool. Sy bloos saam met haar vriendinne in haar graad as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die…

FroueVonds vennootskappe

MEER OOR ONS VENNOOTSKAPPE Die FroueVonds* glo in samewerking en netwerkvennootskappe. Daarom vat ons hande met vennote op alle terreine om die fonds te versterk en uit te brei. Ons vennootskap met opleidingsakademies, verseker dat behoeftige meisies daar kan gaan studeer. Ons vennootskap met Finesse Tydskrif en Carpe Diem Media, help om nuwe projekte uit…