FrouevondsBanner copy 2
FrouevondsBanner copy 3

Meer oor ons

Die FroueVonds fokus op gemeenskapsontwikkeling, maar lê sterker klem op die bemagtiging van vroue om voorspoed vir hulle te verseker.

Solidariteit Helpende Hand se bestaansrede is om volhoubare voorspoed vir spesifiek lede van die Solidariteit Beweging, maar ook vir die Afrikaner in die algemeen, te verseker. Die metode wat aangewend word om dié doel te bereik, is maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling. Dit is teen hierdie agtergrond wat die FroueVonds in die lewe geroep is: om om te sien na vroue se welstand deur te verseker dat hulle opgehef word en ook in hul werkplekke ontwikkel.

Binne die fokusareas van die verskillende instellings van die Solidariteit Beweging raak die FroueVonds deel van elke instelling. Almal deel die verantwoordelikheid om vroue te bemagtig en ontwikkel, sodat hulle op hul beurt weer ander in hul gemeenskappe kan bemagtig om hul egokragte en wilsbeweging tot aksie te laat oorgaan. Met "wilsbeweging" verwys ons na mense se eie wil om beweging en verandering in hulself teweeg te bring, sodat hulle hul volle potensiaal as individue kan bereik.

Om mense te ontwikkel en bemagtig sodat hulle hul potensiaal kan verwesenlik, moet ons fokus op vroue se holistiese welstand en die impak wat hulle op hul gemeenskappe maak of die potensiële impak wat hulle op hul omgewings kan maak. Ten einde om te sien na vroue se holistiese welstand, fokus ons op die vier welstandsbene: fisiese, sosio-emosionele, kulturele en geestelike welstand.

Die strategie wat ons gebruik om die FroueVonds as inisiatief van stapel te stuur, is om ʼn bietjie kapasiteit, talente, hulpbronne en vaardighede van elkeen van die ander instellings te ontgin, sodat ons die korporatiewe verantwoordelikheid, fokus en inisiatief kan deel. Daarom neem ons elke Bewegingsinstelling se taal, handelsmerk, roeping, ewigheidswaarde en fokus in ag en maak dit deel van die FroueVonds.

FroueVonds Lied deur Elme Churr, Carma en Cheralee

Blom In Sy Wese

 

Blommetjie gedenk aan my

Gedenk aan jou want ek is vry

Van begin tot die einde

Sal Ek by jou kan bly

 

Blommetjie is wat jy sien

So sag en fyn maar ek wil dien

Selfs verander my kleur

Van saad tot blom tot vlees

 

Vat my kleure, vat my geure

My vreugdevolle strewe, ek glo

 

Ek bly staan

Op genade alleen

Deur die wind en die weer

Ek sal staan

Hart en mond

Seisoene deur liefde gegrond

Vat my kleure, vat my geure

My vreugdevolle strewe ek glo

 

Bloeisels blom in die lenteson,

Herfs het gekom, dis tyd my blom

Want jys sterker as gister

Deur Sy takke in hoop gevou

 

Al waai die wind storms heen

En ek weet tyd is geleen

Bot my bloeisels meer geur

In vlees, met hart en gees

 

Blom in Sy wese,

Hy gee my nuwe lewe, ek glo

 

My lewe het ontblom

Hernuwing het gekom

Ek word gevoed deur Hom

Ons smag na Jou reën

Om ons te bly seën

Ek is 'n vrou wat glo

 

Ek bly staan

Op genade alleen

Deur die wind en die weer

Ek sal staan

Hart en mond

Seisoene deur liefde gegrond

Vat my kleure, vat my geure

My vreugdevolle strewe ek glo

Blom in Sy wese,

Hy gee my nuwe lewe, ek glo