PLANTSELF
Ons wil gemeenskappe bemagtig om armoede te verlig en te verbreek deur hulle toe te rus met die kennis, vaardighede en infrastruktuur om hul eie kos te kweek en te deel.
MEER OOR PLANTSELF
Die PlantSelf-projek is 'n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat gemeenskappe aktiveer om selfonderhoudend te wees deur voedselbronne te kweek. Die projek fokus op die holistiese voordele van grondbewerking. Dit bevorder nie net ekonomiese onafhanklikheid nie maar herstel ook menswaardigheid en skep hoop.
Die Kosblikkie & PlantSelf-projek vat hande
Solidariteit Helpende Hand droom van ‘n volhoubare toekoms vir ons gemeenskap. ‘n Toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan.
Die Kosblikkie-projek fokus op die ondersteuning van behoeftige kleuters ten opsigte van voeding. Hierdeur word daar op ’n vroeë stadium van ’n kind se lewe pogings aangewend om welstand te verseker.
Die PlantSelf-projek wil gemeenskappe aktiveer om selfonderhoudend te wees. Die PlantSelf Plantkoepel stel gemeenskappe in staat om voedselbronne van hul eie te kweek en so ekonomies onafhanklik te wees.
Deur ‘n Plantkoepel by ‘n Kosblikkie-skool te plaas bemagtig ons skole om ‘n stap na selfonderhoudend te neem. Raak vandag betrokke by hierdie inisiatief!
Plant ‘n kosblikkie! Skep hoop vir skole en gemeenskapsentrums wat voor uitdagings staan.
HOE HELP ONS
- Opleiding en vaardighede
Mense word bemagtig met praktiese landbou- en tuinboutegnieke. Hulle leer hoe om kos te verbou, kennis te deel en selfstandig te leef.
- Plantkoepels
Die Plantkoepel is 'n draagbare, omgewingsvriendelike kweekhuis wat maklik opgerig kan word en wat water bespaar en beskerming bied teen weer en plae. Dis ideaal vir die kweek van groente, vrugte, blomme, en selfs vir die teel van pluimvee of slakke.
- Samewerking met Kosblikkie
PlantSelf word gekoppel aan die Kosblikkie-projek sodat kleuterskole self kos kan verbou. Só word voeding volhoubaar gemaak en skole beweeg 'n stap nader aan selfversorging.
Beskikbare plantkoepel-opsies
- Plantkoepel met sprinkelbesproeiing – R3 100
- Plantkoepel met spinnekopbesproeiing – R3 275
- Plantkoepel met beide besproeiingstelsels – R3 475
Sluit aan
Help ons om grond in 'n toekoms vol hoop te verander.
- Maak 'n donasie – Ondersteun 'n gemeenskap deur by te dra om plantkoepels aan te koop.
- Skenk 'n plantkoepel – Bemagtig iemand om selfonderhoudend te word.
- Deel jou kundigheid – Help met opleiding of deel praktiese raad.