KROONKINDERS

Die program leer hulle wat elke waarde beteken en hoe om dit uit te leef.

MEER OOR KROONKINDERS

Gesonde waardes is die grondslag van elke uitnemende gemeenskap. Kroonkinders, ons program oor gesonde waardes, sal ons kinders toerus met 'n stewige grondslag bestaande uit waardes soos liefde, gehoorsaamheid, betroubaarheid, eerlikheid, diensbaarheid, wysheid, respek, selfbeheersing, verantwoordelikheid en dankbaarheid. Die program leer hulle wat elke waarde beteken en hoe om dit uit te leef.

WAAROM KROONKINDERS?

In 'n wêreld waar karakter en etiese besluitneming van die uiterste belang is, het hierdie inisiatief die potensiaal om ons kinders te vorm tot verantwoordelike en diensbare leiers wat 'n positiewe bydrae in hul gemeenskappe kan lewer.

Ouers en onderwysers kan die waardes saam met die kinders verken, dit met hulle bespreek en hul verhouding só versterk.

Kroonkinders dogtertjie-02

Word deel van hierdie inisiatief en help om hoop en 'n toekoms te skep vir ons kinders.