HELPENDE KERKE
Die doel is om kerkgemeenskappe aan mekaar bekend te stel en met mekaar te laat netwerk.
TEMA: DIE KERK EN WERKSYN
Datum: 12 Junie 2026.
Tyd: 08:30 – 13:00
Plek: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut-kampus
David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria
Koste: R150 per persoon
Dit sluit ligte verversings in asook die boek Twaalf Bybelse oplossings vir armoede deur Flip Buys.
Vanjaar se Helpende Kerke Kongres fokus op drie kernonderwerpe:
Die kerk en werksyn
Die bekendstelling van die boek Twaalf Bybelse oplossings vir armoede deur Flip Buys
Die boek bied Bybelse perspektiewe en praktiese beginsels oor hoe armoede op 'n volhoubare en waardegerigte manier verlig en verbreek kan word.
Artikel 22 van die Grondwet en die beginsel dat die staat nie die kerk se roeping en funksionering behoort te reguleer nie. Hierdie sessie verken godsdiensvryheid, die rol van die kerk in die samelewing en die belangrikheid van onafhanklike geloofsgemeenskappe.
Vir meer inligting oor die Helpende Kerke Kongres, stuur gerus ‘n e-pos na
Word deel van hierdie inisiatief en help ons om te bou aan die gemeenskap.
ARTIKELS
Elke dag word ek weer opnuut herinner wat die kerk nou eintlik is. As kind was die kerk vir my ʼn plekkie waar my ma gelukkig was, waar ek Sondagskool gehad het, waar ek en my sussie Jesus leer ken het en waar my pa sy das ʼn bietjie los gemaak het, met trane wat…