Logo_HKK-01
Logo_HKK-01

Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar die vyfde opeenvolgende Kerke Kongres aan.

Tema: Gesinswelstand in my gemeenskap

 

Datum: 27 Maart 2025.

Tyd: 08:30 – 14:00

Plek: Aros, Besembiesieweg 1037, Montanapark, Pretoria.

Solidariteit Helpende Hand het 'n paar jaar gelede begin met 'n kerkenetwerk. Die doel is om kerkgemeenskappe aan mekaar bekend te stel en met mekaar te laat netwerk. So kon ons die afgelope paar jaar saam met die kerke reusevooruitgang maak met gemeenskapsontwikkeling. In ons streke is daar reeds die bekende ontbytgeleenthede waartydens gemeentes, sakemanne en gemeenskapswerkers bymekaarkom met die oog op skakeling met mekaar en die gemeenskap.

In 2025 gaan ons voort met hierdie projek en die fokus van ons kongres is die hart van die samelewing, naamlik die gesin – spesifiek die welstand van gesonde gesinne. Ons leef in 'n gebroke wêreld. Hoe hanteer ons hierdie gebrokenheid in ons gemeenskappe? En hoe bou ons gesonde gesinne ten spyte van die gebrokenheid? Dit is die tema van hierdie jaar se Helpende Kerke Kongres – die rol van die man, die rol van die vrou, die rol van die kind, en die rol van die gesin. Wat is God se plan vir sterk gemeenskappe?

Gesinswelstand in my gemeenskap – kom ons bou en werk saam!

_5927_Helpende kerke kongres Program_2025nuwe

Vir meer inligting oor die Helpende Kerke Kongres, stuur gerus ‘n e-pos na

[email protected]

Die kerk, van praktyk tot struktuur

Elke dag word ek weer opnuut herinner wat die kerk nou eintlik is. As kind was die kerk vir my ʼn plekkie waar my ma gelukkig was, waar ek Sondagskool gehad het, waar ek en my sussie Jesus leer ken het en waar my pa sy das ʼn bietjie los gemaak het, met trane wat…