HELPHETTA

Beskerm waardigheid. Bemagtig meisies.

Artboard 9-2

MEER OOR HELPHETTA

Duisende skoolgaande meisies mis elke maand byna 'n week se skool omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. HelpHetta is in 2015 van stapel gestuur om hierdie meisies te help met sanitêre doekies en ander noodsaaklike higiëneprodukte.

By Helpende Hand glo ons elke meisie verdien die reg om gemaklik met haar menstruasiesiklus te wees. Hierdie eenvoudige maar belangrike ondersteuning help dat meisies nie skool, buitemuurse aktiwiteite of sosiale geleenthede hoef mis te loop nie.

Doel

Ons wil meisies op 'n holistiese manier ondersteun deur hulle fisies, emosioneel en geestelik te versterk, lewensvaardighede aan te leer en hulle selfvertroue te bou sodat hulle met moed en waardigheid hul daaglikse uitdagings kan aanpak en met vrymoedigheid hul toekoms kan vorm.

HOE HELP ONS

  • Sanitêre ware verspreiding:
    Kwartaallikse pakkies word aan 3 600 meisies versprei om higiëneprodukte beskikbaar te stel.
  • Opleiding en ondersteuning:
    Meisies ontvang opleiding oor temas soos verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling.
    Geestelike en emosionele ondersteuning word weekliks deur middel van WhatsApp-boodskappe deur Helpende Hand se maatskaplike werkers verskaf.
  • Holistiese ontwikkeling:
    Die projek spreek spesifieke behoeftes aan soos geestelike ontwikkeling, selfwaarde, en hantering van verhoudings.

Wat sê die meisies self?

'n Omvattende behoeftebepaling en navorsing onder behoeftige meisies toon hoe groot hul nood werklik is:

  • 55% het 'n lae selfbeeld en selfwaarde.
  • 43% wil selfverdedigingsklasse bywoon.
  • 38% wil leer om verhoudings beter te hanteer.
  • 35% het 'n behoefte aan geestelike ontwikkeling.
  • 12% wil meer leer oor verslawing.

HelpHetta hanteer hierdie behoeftes deur holistiese ondersteuning en toegang tot toepaslike kennis, opleiding en mentorskap te verskaf.

Raak betrokke

  • WhatsApp-uitsendingsgroep: Meisies wat deel van die HelpHetta-Whatsapp-kanaal wil word, kan op die volgende skakel klik: https://whatsapp.com/channel/0029Vb6vMBZD8SDxY3oHQS0D
  • Ondersteun die projek: Dra finansieel by en help om meer meisies te bereik met hierdie noodsaaklike ondersteuning.
Banner

Getuienisse

Baie dankie vir die werk wat julle doen, baie mense se harte en lewens word aangeraak.

An-Johlene Snyders - LS Bredasdorp

Baie dankie weereens vir ons pakkies, veral in die tye het die Bybels BAIE handig te pas gekom!!

Judy Corrie - Hoërskool Klerksdorp

Baie dankie vir die Hetta-pakkies, dit maak so ’n groot verskil in die meisies se lewens.

Anel Olivier – Hoërskool Pretoria-Noord

ARTIKELS

HelpHetta beskerm waardigheid van duisende skoolmeisies

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand Phillip Bruwer Mediaskakelbeampte Die HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand bring hoop en praktiese verligting vir meisies wat dit die nodigste het. Op 3 September het die Vrouebediening van Kerksondermure (KSM) in Centurion ’n groot skenking aan die projek gemaak. Die vroue het 12 bokse vol sanitêre ware ingesamel en in…

Lees meer...

Jou ware skoonheid kom van binne. Wees trots op wie jy is!

René Roux Bestuurshoof: Media Solidariteit Helpende Hand “Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.” 1 Petrus 3:3-4 Die stryd om jou eie identiteit te bepaal,…

Lees meer...

Kontak ons

Danelle du Plessis

Projekorganiseerder

danelle@helpendehand.co.za