HelpHetta-projek

Baie dankie dat u namens die meisies by u instansie by die #HelpHetta-projek aansoek doen.

Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en higiëniese produkte aan 3 000 meisies wat nie hierdie noodsaaklike produkte kan bekostig nie. Die instansies neem die verantwoordelikheid om behoeftige meisies te identifiseer en te verseker dat die produkte wel hierdie meisies bereik. Vul asseblief die aansoekvorm so volledig as moontlik in. Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected].

Alle aansoeke gaan deur ʼn keuringsproses volgens bepaalde kriteria, en u sal in Januarie 2023 in kennis gestel word of u instansie vir die projek goedgekeur is al dan nie. Indien u goedgekeur is, sal u kwartaalliks deur die loop van 2023 produkte vir die hoeveelheid goedgekeurde meisies ontvang. Alle instansies moet elke jaar aansoek doen om deel van die projek te wees.