PROJEKTE

BnKMobile

Bemagtig 'n Kind

Die fondse wat vir die Bemagtig 'n Kind-projek aangewend word, vorm deel van die JD Kestell-gedenkfonds. Dié fonds is vernoem na dr. John Daniel Kestell, oftewel Vader Kestell, soos hy bekend was – een van die merkwaardigste figure in Afrikaanse geledere.

StopHongerMobile

StopHonger

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie. Die #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ʼn voedsame bord kos inkry.

KosblikkieMobile

Kosblikkie

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. #StopHonger saam met die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat hierdie kleuters daagliks ʼn voedsame bord kos ontvang.

SkooltassieMobile

Skooltassie

Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek sit sedert 2007 ’n tassie, met die nodige skryfbehoeftes, in ’n behoeftige graadeentjie se hand. So verseker ons ʼn gelyke wegspringkans vir al ons kinders.

Braaf

Braaf die Boerboel

Hy is soos Superman, maar in kakie geklee.
Die Afrikaanse groep JAN JAN JAN het reeds oor hom begin sing in hul liedjie “Braaf soos ʼn Boerboel”, en nou gaan Braaf self uiteindelik sy buiging maak in ’n eksklusiewe strokiesprent.

Asset 1

Piet Tande

Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder.

field-1255320_1920

Tekkies & Toks

Solidariteit Helpende Hand besef die belangrikheid van sport vir kinders op soveel vlakke van ontwikkeling. Sport bied kinders die geleentheid om fisies gesond te wees, maar bied ook die geleentheid vir emosionele en verstandelike ontwikkeling.

HelpHettaMobile

FroueVonds

Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is dikwels goed wat in die pad staan van voluit vrou-, meisie-, suster-, ma- en vriendin- wees. Hierdie goed wat in die pad van dít staan kan fisies, emosioneel en geestelik van aard wees.

313031594_10227615014697025_2640538294480803743_n

Boesemvriendinne

Borskanker is ’n diagnose wat geen vrou ooit wil kry nie, en daar is nie veel wat enigiemand van buite kan doen om die nuus te versag nie. Baie mastektomie-pasiënte wat kan, kry terselfdertyd ’n bors rekonstruksie, maar vir baie vroue is dit nie bekostigbaar nie, en die verlies wat hulle ervaar is diepgaande.

313031594_10227615014697025_2640538294480803743_n

Vroue In Beweging

Borskanker is ’n diagnose wat geen vrou ooit wil kry nie, en daar is nie veel wat enigiemand van buite kan doen om die nuus te versag nie. Baie mastektomie-pasiënte wat kan, kry terselfdertyd ’n bors rekonstruksie, maar vir baie vroue is dit nie bekostigbaar nie, en die verlies wat hulle ervaar is diepgaande.

SS StudiefondsMobile

HelpHetta

Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noo dsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis.

Droomrokke Logo's_RondKleur

Droomrokke

In 2020 het die FroueVonds* en die Ons Winkels van Helpende Hand saamgespan om meisies se droomgeleenthede waar te maak deur die Droomrokke-projek, in samewerking met die pragtige Demi Lee Moore.

E-kaarte_SusannaSS

Susanna Smit Studiefonds

Die FroueVonds* vernoem hul rentevrye studiefonds na Susanna Catharina (Maritz) Smit, ook bekend as die geliefde Susanna. “Ons trek liewer kaalvoet oor die Drakensberge…”, was destyds haar woorde.

#2766_HelpJag logo-01

HelpJag

Magies volmaak... dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie.

cozy background Wallpaper with a variety of threads for knitting. Close up.

Breinaald

Baie senior dames is baie lief daarvoor om te brei, maar hulle kan nie meer die wol bekostig nie. Brei en hekel hou baie voordele vir seniors in. Dit verbeter hul selfbeeld, verminder simptome van stres, angstigheid en depressie, hou hul brein aktief, beveg artritis en so kan ons aangaan.

asia girl listen

HelpHoor

Die HelpHoor-projek is ’n deurlopende projek om behoeftige ouer persone te voorsien van gehoorapparate. Tweedehandse gehoorapparate word ingesamel, gediens en skoongemaak om weer vir die ouer persone gepas te word.

Podcast

Katarakchirurgie

Daar is ‘n reuse-aanvraag na katarakchirurgie vir ouer persone en die projek poog om jaarliks 40 behoeftige ouer persone van ’n gratis karatakverwydering te voorsien, soos in die afgelope drie jaar reeds gedoen is.

elderly-people-doing-balance-exercise

Seniors in Aksie

Seniors lê ons by Helpende Hand baie na aan die hart. Solidariteit Helpende Hand sien dit as ons roeping om al ons belangegroepe, dus ook ons seniors op ’n holistiese vlak te ontwikkel en te ondersteun.

SkynMobile

Skyn

Die SKYN-projek is gebore uit navorsing wat in 2019 onder behoeftige bejaardes en bejaardetehuise gedoen is. In hierdie navorsing het Helpende Hand bevind dat munisipale rekeninge vir 87% van die tehuise hul tweede, of derde grootste uitgawe is.

Ere-ondersteunersMobile

Ere-ondersteuners

By Helpende Hand glo ons dat ons bejaarde persone en persone met gestremdhede ook hul eie sterktes en gawes het wat hulle met Helpende Hand en die gemeenskap en die samelewing om hulle kan deel.