Die SKYN-projek

Die SKYN-projek is gebore uit navorsing wat in 2019 onder behoeftige bejaardes en bejaardetehuise gedoen is. In hierdie navorsing het Helpende Hand bevind dat munisipale rekeninge vir 87% van die tehuise hul tweede, of derde grootste uitgawe is. Hierdie tehuise sny eerste op hul instandhoudingsbegroting om bejaardes te versorg en hul elektriese toestelle soos ligte, geisers, yskaste en stowe is glad nie elektrisiteitsdoeltreffend nie.

Suid-Afrika beleef groot uitdagings wat elektrisiteitvoorsiening betref en dit is ons almal se verantwoordelikheid om elektrisiteit so slim en spaarsamig moontlik te gebruik.

Elektrisiteit is ʼn uitgawe wat verminder kan word deur goeie elektrisiteitsgebruik en die gebruikmaking van energiebesparende toestelle.

Om hierdie redes het Helpende Hand besluit om in te gryp en ons bejaardes en gestremdes te ondersteun deur tehuise in staat te stel om die begroting tot hul beskikking eerder te gebruik vir die versorging van bejaardes as vir munisipale rekenings.

Ons eerste stap gaan wees om die ligte in die tehuise deur energiebesparende LED-ligte van hoë kwaliteit te vervang.

Die projek verseker groot besparings in elektrisiteit wat ten voordeel van die omgewing strek en ook elektrisiteitstekorte in Suid-Afrika teenwerk. Bowendien werk dit alles in die tehuise se guns.

By die gemiddelde skool of tehuis sal uitgawes aan ligte maklik 25% van hul kragverbruik verteenwoordig. LED-ligte is energiedoeltreffend en gebruikers spaar maklik tussen 50 en 90% op die ligtegedeelte van hul elektrisiteitsrekening. Dié ligte het ʼn baie langer leeftyd as dié wat nog van ou tegnologie gebruik maak. Dit bevat geen giftige elemente nie en is ook herstelbaar, wat dit dus ekovriendelik maak.

Helpende Hand pak hierdie projek saam met Afrison aan. Afrison is ʼn betroubare, plaaslike vervaardiger van kommersiële en industriële LED-ligte van hoë gehalte. Afrison skep volhoubare waarde vir kliënte deur toegewyde diens en baanbrekertegnologie wat fokus op energie-effektiwiteit en kwaliteit. Hulle fokus verder op energiebesparende inisiatiewe reg oor Suidelike Afrika en glo in die bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

Hoe gaan die SKYN-projek die lig sien?

Ons gaan een tehuis op ʼn slag aanpak, maar kan dit nie SONDER JOU HULP doen nie! Met behulp van jou bydrae gaan ons ʼn tehuis se ligte vervang en dan soos wat die befondsingsmodel ons toelaat, die volgende tehuis deur middel van die SKYN-PROJEK help.

Jy kan letterlik die lig in iemand se lewe wees en nie net die donkerte vir een persoon laat verdwyn nie, maar vir 'n hele tehuis en 'n groter gemeenskap.

Ons Hoop Nysltroom

WhatsApp Image 2019-12-10 at 15.29.45

Om al die ligte van die ONS HOOP tehuis te vervang, sal lei tot ‘n 59% besparing op elektrisiteitsverbruik t.o.v. beligting. Dus, sal die tehuis rondom R10 000 jaarliks bespaar op die elektrisiteitsrekening. Terselftertyd sal die kwaliteit van die ligte baie beter wees as wat dit tans is. Die ligte het ‘n 5 jaar waarborg.

Nadat Nylstroom Laerskool gebou is was daar ‘n probleem met akkomodasie vir die kinders, veral Boere wat in en uit moes ry om die kinders by die skole te kry.

Dit het in die laat 1920’s maar beroerd in die Waterberge gegaan.  Omdat die behoefte so groot was aan ‘n Koshuis het die drie susters-kerke saam skuld aangegaan sodat twee koshuise, Ons Hoop en Ons Toekoms opgerig kan word.

Die borg vir die twee koshuise was R14000.

Die destydse Munisipaliteit van Nylstroom het die grond geskenk en “Ons Hoop vir die meisies en Ons Toekoms vir die seuns is gebou,  en die twee statige geboue staan nog steeds op die dorp.

Daar is egter besluit om nie meer “Ons Hoop” te gebruik as koshuis vir die meisies nie aangesien daar nie genoeg belangstelling na ‘n tyd was nie.

Die gebou is toe met kaart en transport aan Waterberg Dienssentrum geskenk om as Dienssentrum te funksioneer mits dit vir welsyn is. Die Dienssentrum is toe as NPO “Waterberg Dienssentrum vir Bejaardes” gerigestreer April 2000.

Losies, donasies, fondsinsameling, lidmaatskap en gemeenskapsdiens is die enigste inkomste vir hierdie organisasie.

Gemeenskapsdiens sluit in Jukskei, Biblioteek, Salon, Voete en hande sorg, Godsdiens, etes vir inwoners en lede,  Maandelikse byeenkoms deur ‘n leraar van ‘n gemeente uit die dorp en Fondsinsamelings om die losies vir inwoners so laag as moontlik te hou.

Hierdie organisasie word bestuur deur ‘n Bestuurraad

Nuusbrief_images-01
E-kaart_barometer

Skenk aan SKYN

"*" indicates required fields

Naam en van*