ERE-ONDERSTEUNERS

Ons wil mense van 80 jaar en ouer en persone met gestremdhede sonder enige finansiële verpligting deel maak van 'n netwerk met betekenis, samehorigheid en hoop. Ons wil ons ere-ondersteuners bemagtig om as pilare van inspirasie in hul gemeenskappe te bly staan.

MEER OOR ERE-ONDERSTEUNERS

By Helpende Hand glo ons niemand is ooit te oud of te broos om betekenis te hê nie. Inteendeel, die mense wat al die meeste geleef het, dra dikwels die grootste wysheid, moed en geloof.

Ons netwerk van ere-ondersteuners bring mense saam wat al baie myle gestap het. Hulle is mense van 80 jaar en ouer asook persone met gestremdhede. Die netwerk gee vir hulle 'n plek om te behoort, 'n stem wat tel, en die geleentheid om steeds 'n verskil te maak deur hul wysheid en ervaring met ander te deel.

HOE HELP ONS?

Ons skep 'n veilige, waardige ruimte waar ere-ondersteuners welkom voel, sinvol betrokke bly en deel vorm van die groter Helpende Hand-familie.

  • Jy sluit gratis aan– daar is geen kostes of verwagtinge nie.
  • Jy ontvang nuus, bemoediging en die wete dat jy deel is van iets groter as jyself.
  • Jy kry die geleentheid om ander te bemoedig en jou stories en insig te deel.
  • Ons erken en eer jou by spesiale geleenthede en wys vir jou jy is nie alleen nie.

Raak betrokke

Ken jy iemand wat 80 of ouer is of iemand met 'n gestremdheid wat steeds hoop uitdra en graag ander aanmoedig? Nooi hulle uit om deel te word van die ere-ondersteuners-netwerk.

  • Help hulle om aan te sluit as hulle nie self kan nie. Dit kos niks.
  • Verbind hulle met 'n Helpende Hand-streek naby hulle.
  • Gee vir hulle daardie lekker gevoel dat hulle tuishoort: Ek tel. Ek dra steeds by.

Jy is waardevol, nie net vir wat jy al gedoen het nie, maar vir wie jy vandag is. Sluit aan by 'n netwerk van mense wat saam glo, saam droom en saam bou aan 'n Suid-Afrika vol hoop.