Tuis

Tekkies en Toks se gala-aand
word in samewerking met die VlokSkop Stigting by Hoërskool Eldoraigne aangebied.
Deur dié funksie by te woon kan jy help om kinders se toekomsdrome te verwesenlik.
28 September 2022 om 18:00
𝗥𝟱 𝟬𝟬𝟬 𝗣𝗘𝗥 𝗧𝗔𝗙𝗘𝗟 (𝟭𝟬 𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻𝗲)
Breyton Paulse gesels met rugbykenners soos Vlok Cilliers, Morné Steyn en Henning Gericke. Arno Jordaan is die gaskunstenaar vir die aand.
Finansies moet nooit die rede wees waarom leerders nie aan sport kan deelneem nie.
Daar is slegs ’n beperkte aantal tafels beskikbaar so bespreek jou tafel nou!
Bespreek hier jou tafel
"*" indicates required fields
WAT IS #TEKKIES & TOKS
Solidariteit Helpende Hand besef die belangrikheid van sport vir kinders op soveel vlakke van ontwikkeling. Sport bied kinders die geleentheid om fisies gesond te wees, maar bied ook die geleentheid vir emosionele en verstandelike ontwikkeling.
Sport leer jou oor teleurstelling en hoe om dit te verwerk. Dit is ’n belangrike lewensles wat handig te pas kom in die lewe en ook in die werkplek. Sport leer ’n mens ook hoe om saam met ’n groep mense te werk om ’n probleem op te los. Die kritieke vaardighede wat die vierde Nywerheidsrevolusie van ons verg, naamlik probleemoplossing, kritiese denke, kreatiwiteit, emosionele intelligensie en aanpasbaarheid kan op ’n jong ouderdom reeds aangeleer word. Dit versterk jou kanse om aan te pas in ’n wêreld wat konstant besig is om te verander.
Tekkies & Toks is ‘n inisiatief wat gedryf word deur Helpende Hand en die Vlokskop Stigting. Die Skoleondersteuningsentrum ondersteun ook die projek. Die doel van die projek is om tekkies en/of toks aan hoërskoolleerders te skenk wie se ouers dit nie finansieel kan bekostig nie. Finansies moet nooit die rede wees dat kinders nie aan sport deelneem nie.
Kom ons vat hande en sorg dat ons jeug geveter en gesool is vir die lewe.
Skenk
SKENKINGS AAN #TEKKIESENTOKS
Die #tekkiesentoks-inisiatief gaan oor meer as net skoene. Helpende Hand en die Vlokskop stigting besef al te goed hoe belangrik sport vir die ontwikkeling van kinders op beide fisiese asook emosionele vlak is. Daarom poog ons om by te dra tot die holistiese welstand van ons kinders.
Finansies moet nooit die rede wees hoekom kinders nie aan sport deelneem nie. Maak ‘n bydrae tot ‘n blink toekoms deur ‘n finansiële skenking te maak of deur splinternuwe/tweedehandse tekkies en toks te skenk by jou naaste Ons Winkel.


"*" indicates required fields
Nuus
TEKKIES EN TOKS NUUS
Vlok Cilliers en Morné Steyn maak ʼn verskil in ons jeug se toekoms
23 April 2021 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Vlok Cilliers en Morné Steyn maak ʼn verskil in ons jeug se toekoms Die bekroonde skopafrigter, Vlok Cilliers, is terug op eie bodem en saam met Morné Steyn snoer hulle kragte met Solidariteit Helpende Hand saam om skop-skop ʼn verskil in die lewens van ons land se jeug…
Tekkies en Toks – dit is meer as net skoene
Tekkies en Toks – dit is meer as net skoene Deur Vlok Cilliers “Children are the only future the human race has. Children only ask for love, time and attention.” Kinders lê my na aan die hart en hulle vra nie baie nie. As ons dit nie ons verantwoordelikheid maak om na hulle te kyk…
Morné Steyn en Vlok Cilliers skop armoedeprojek af
Die bekroonde skopafrigter Vlok Cilliers en Morné Steyn snoer kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om skop-skop ’n verskil in die land te maak.Cilliers, deur sy skopakademie Vlokskop, en Steyn, Springbok en Blou Bul-speler, het pas saam met Helpende Hand hul Tekkies & Toks-projek van stapel gestuur. Tekkies & Toks gaan met die publiek se…