TEKKIES EN TOKS
Om kinders toegang te gee tot sportdeelname deur die voorsiening van tekkies en toks, en sodoende by te dra tot hul holistiese welstand en ontwikkeling.
MEER OOR TEKKIES EN TOKS
Die Tekkies en Toks-projek is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en die VlokSkop Stigting wat kinders ondersteun deur die verskaffing van skoene vir sportdeelname. Hierdie projek gaan egter oor meer as net tekkies en toks – dit bevorder die fisiese, emosionele en verstandelike ontwikkeling van kinders deur sport as ’n waardevolle lewensinstrument te gebruik.
Ambassadeur
Morné Steyn, bekende rugbyspeler, ondersteun hierdie projek as sy ambassadeur.
HOE HELP ONS
- Fisiese gesondheid: Sport help kinders om gesond en aktief te bly.
- Lewensvaardighede: Deur sport leer kinders hoe om teleurstelling te hanteer, saam te werk as ’n span, en probleme op te los.
- Gelyke toegang: Ons verseker dat finansies nie ’n hindernis is vir kinders om aan sport deel te neem nie.
SKENKINGSPROSES
- Finansiële bydraes
Help ons om kinders se sportdrome te ondersteun deur 'n finansiële skenking te maak. - Nuwe tekkies en toks
Skenk splinternuwe skoene en maak ’n verskil in ’n kind se sportdeelname. - Gebruikte tekkies en toks
Jou gebruikte skoene kan by jou naaste Ons Winkel geskenk word, waar dit teen bekostigbare pryse verkoop word. Die fondse word teruggeploeg in Helpende Hand se projekte om ’n groter impak te maak.
Raak betrokke en help ons om kinders die geleentheid te gee om hul volle potensiaal op die sportveld te bereik.
Vlok Cilliers gesels oor ons #tekkiesentoks inisiatief uit Frankryk uit!
Vlok Cilliers gesels oor ons #tekkiesentoks inisiatief uit Frankryk uit! Dankie aan elkeen wat ons al ondersteun het en so ook help dat ons jeug 'n geleentheid het om hul volle potensiaal op die sportveld te wys! Vir meer inligting besoek www.tekkiesentoks.co.za
ARTIKELS
Die bekroonde skopafrigter Vlok Cilliers en Morné Steyn snoer kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om skop-skop ’n verskil in die land te maak.Cilliers, deur sy skopakademie Vlokskop, en Steyn, Springbok en Blou Bul-speler, het pas saam met Helpende Hand hul Tekkies & Toks-projek van stapel gestuur. Tekkies & Toks gaan met die publiek se…
Lees meer...Tekkies en Toks – dit is meer as net skoene Deur Vlok Cilliers “Children are the only future the human race has. Children only ask for love, time and attention.” Kinders lê my na aan die hart en hulle vra nie baie nie. As ons dit nie ons verantwoordelikheid maak om na hulle te kyk…
Lees meer...23 April 2021 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Vlok Cilliers en Morné Steyn maak ʼn verskil in ons jeug se toekoms Die bekroonde skopafrigter, Vlok Cilliers, is terug op eie bodem en saam met Morné Steyn snoer hulle kragte met Solidariteit Helpende Hand saam om skop-skop ʼn verskil in die lewens van ons land se jeug…
Lees meer...Die bekroonde skopafrigter Vlok Cilliers en Morné Steyn snoer kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om skop-skop ’n verskil in die land te maak.Cilliers, deur sy skopakademie Vlokskop, en Steyn, Springbok en Blou Bul-speler, het pas saam met Helpende Hand hul Tekkies & Toks-projek van stapel gestuur. Tekkies & Toks gaan met die publiek se…

Lees meer...