#1731_Ekaart_OHSH-02

Ons hand in Sy Hand boekie

Die Begrond Instituut vir Christelike Grondslagstudies het die afgelope jaar in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, 'n handleiding ontwikkel wat vanjaar deur Helpende Hand in hulle gemeenskappe uitgerol gaan word.

Die handleiding staan bekend as "Ons hand in Sy Hand" en die doel daarvan is om geestelike toerusting saam met maatskaplike ontwikkeling aan die Helpende Hand gemeenskappe te bied. Op hierdie wyse wil Helpende Hand sy vrywilligers, takke, streke en personeel toerus om gemeenskappe se voorspoed te verseker.

"Ons hand in Sy Hand" is geskoei op die beginsel dat "omgee" sonder geestelike begronding en verdieping nie ware omgee is nie. Helpende Hand glo in die spreekwoordelike "driedimensionele verdieping", naamlik verligting, verbreking en voorkoming van probleme. En dan natuurlik baie belangrik dat die oplossing van probleme volhoubaar moet wees en tot selfstandigheid moet lei.

Die handleiding was vrygestel tydens die Helpende Kerke Kongres wat in Februarie plaasgevind het. Tydens die geleentheid is "Ons hand in Sy Hand" aan Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, oorhandig. Verskeie skrywers en medewerkers was teenwoordig op die dag.

Ontvang die hele reeks videos

Ons Hand in Sy Hand Videos

"*" indicates required fields

Naam en van*

Wat beteken "Ons hand in Sy Hand"

Ons hand: Wat gestuur, geroep, toegerus, gewillig, ywerig en diensbaar is. In God se Koninkryk is my hand gehoorsaam, gewillig om te help, gewillig om te werk. Dit is ’n swak, gebroke en nietige hand, maar tog geseënd.

In Sy Hand: Sonder die ondersteuning van Sy Hand wil ons nie en kan ons nie. Ons is afhanklik van Hom wat ons in Sy Hande optel en dra, seën en versterk.

Hannes Noëth – Besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand

Ons hand in Sy Hand kursus

INLEIDING Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om nie nét op maatskaplike gebied ’n verskil te maak in ons gemeenskappe nie, maar hulle óók op geestelike vlak te versterk. Die een hand kan nie sonder die ander nie. Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om gemeenskapsontwikkeling op ’n holistiese wyse aan te pak,…

Klik hier vir meer inligting