Ons hand in Sy Hand kursus

INLEIDING

Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om nie nét op maatskaplike gebied ’n verskil te maak in ons gemeenskappe nie, maar hulle óók op geestelike vlak te versterk. Die een hand kan nie sonder die ander nie. Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om gemeenskapsontwikkeling op ’n holistiese wyse aan te pak, en dit sluit ook die geestelike welstand van ons mense in.

Die pragtige roeping van ons Here Jesus Christus in Matteus 4:4 staan sentraal in die opleiding en uitrol van Ons hand in Sy Hand: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”

Mag die Ons hand in Sy Hand-kursus jou help om jou geloof prakties in ons gemeenskappe uit te leef.

HOE WERK DIE KURSUS?

Jy kan die kursus op verskeie maniere aanpak.

  1. Op jou eie in jou eie tyd

Met selfstudie doen jy die kursus in jou eie tyd. Jy skaf die boekie aan en werk op jou tyd in die gerief van jou huis deur elke hoofstuk en daarmee saam ontvang jy ‘n kort ondersteunende video.

Van Solidariteit Helpende Hand se kant sal die programleier jou bystaan en ondersteun op hierdie geestelike verrykingspad. Indien jy enige vrae het of persoonlike kontak benodig, of as jy hulp of enige verdere toerusting nodig het, stuur gerus vir ons e-pos na [email protected]

  1. Dagkursus vir groepe soos gemeentes en vrywilligers

Die groep moet hulle behoefte bepaal en dit met die programleier bespreek. Kursusgangers kan die boekie vooraf aanskaf en deurwerk en ook na die ondersteunende video’s kyk. Dit is egter opsioneel, want die programleier kan die kursus, afhangende van die groep se behoefte, ook volledig op die gekose dag aanbied.

Die kursus se doel is nie nét om jou geloof op persoonlike vlak met kennis te laat groei nie, maar óók om jou geestelik toe te rus om die kennis te gebruik om die Woord verder en wyer in ons gemeenskappe uit te dra om so ander daarmee toe te rus.

Die kursus werk soos volg:

  • Dit duur 3 tot 4 uur. Die programleier kan die tydsduur saam met die groep bepaal, afhangend van die groep se behoeftes.
  • Die groep is self verantwoordelik vir die logistieke reëlings soos die lokaal, etes en verversings.
  • Die groep moet die programaleier se reis- en verblyfkoste dra.

NAVRAE

Stuur gerus e-pos na [email protected]


Kursusinhoud

Hierdie kursus se hooffokus is om te leer hoe om Solidariteit Helpende Hand se missie en visie op geestelike vlak prakties na te streef en uit te leef. Dit fokus op jou persoonlike geloofsgroei na binne en hoe jy dit prakties na buite uitleef met geestelike gemeenskapsontwikkeling.

Ons behandel geloofstemas soos: Wie is my God? Wie aanbid ek regtig? Hoe lees ek my Bybel? Wie is my gemeenskap? en Wat is barmhartigheid? Daar is 14 hoofstukke, elk met ’n ondersteunende video-opname om die leergeleentheid te vergemaklik.

Die uitgangspunt van hierdie publikasie is dat jy eers jou eie afhanklikheid van God moet besef voor jy ander kan help en die gemeenskap ophef. Jy moet eers jou eie verhouding met God versterk, dan kan jy in geloof uitreik na die gemeenskap waar God jou geplaas het.

Na afloop van die kursus sal jy ’n sertifikaat ontvang.


Registreer

Die kursus beloop R100 per persoon vir die kursus. Die registrasiefooi sluit die boekie en aanvullende videomateriaal in.

Na afloop van die registrasie sal jy op die internet toegang verkry tot die video-opnames.


Registreer op jou eie

Registreer as ‘n groep